Just to let you know that our 457 visa was approved on 2 September 2008. Only 15 days after lodging! Hubby got up at 5:00 to check the website, and nothing was done since 18/08, the day we lodged. I woke up and we were so depressed. I decided to check one last time before taking kiddies to school, and , you won't believe it!!Visa approved!!!!!!
Our Journey to Oz started in January 2008.
Ons het Januarie al begin praat om Australie ons nuwe permanente tuiste te maak, en het baie gepraat daaroor. Dit is nie 'n besluit wat ligtelik geneem kan word nie, en ons het net besluit om dit oor te gee in die Here se hande. Ons het geweet dat as dit Sy wil is, dan is dit waarheen ons sal gaan.
Ek en Leon het baie daaroor gepraat, en besluit dat ons nie 'n duidelike "JA, GAAN", teen 'n muur geskryf gaan sien nie. Ons het geweet dat elke stappie wat ons gee, vir ons 'n aanduiding gaan wees of God wil he of ons moet voortgaan met ons planne, en of ons dit moet stop. Telkens wanneer ons 'n nuwe treetjie moet gee, het ons daaroor gebid, en elke keer het God die deure vir ons wyd oopgemaak. Nie een keer het Hy iets in ons pad laat staan nie. Nee, dit was nie maklik nie, die paadjies was nie altyd met rose gestrooi nie, maar elke keer het ons aan die anderkant uitgekom, en geweet: ons is op die regte pad!
Ons het Maart uiteindelik 'n agent gaan sien, en ons het besluit om aansoek te doen vir 'n 175 visa (PR visa). Dit is 'n permanente visa ("Permanent Residency"), wat beteken dat jy vir altyd in Australie kan bly en werk, en na 5 jaar in Australie, kan jy aansoek doen vir "citizenship". Ons het belsuit dis die paadjie om te volg, alhoewel baie langer, is dit die beste opsie.
Ons het geweet dit gaan lank vat, omtrnet 18 maande tot 2 jaar vandag ons die besluit geneem het, en ons het besef dat as ons gouer daar wil kom, Leon 'n werk moet kry, en 'n "sponsor" wat vir hom werk sal gee vir 4 jaar. Dan kan ons baie gouer daar wees. En dan kan ons in Australie rustig wag vir ons PR om deur te kom, en ons hoef nie in SA op naalde en spelde te sit vir 9 - 12 maande om te wag vir ons PR nie.
Ons het uiteindelik al ons dokumente gereed gehad, die IELTS eksamen met die regte punte geslaag, en uiteindelik op 27 Augustus, ons PR applikasie ge"lodge". Intussen het Leon hard gesoek vir werk, en uiteindelik was 'n Maatskappy bereid om hom te "sponsor". Ongelukkig sou hul nie ons "container" en vliegtuigkaartjies betaal nie, omdat ons reeds aansoek gedoen het vir PR, maar hul het vir Leon 'n werk aangebied, wat meer is as wat ons ooit kon droom. Nou kon ons Australie toe gaan, verseker dat Leon 'n werk het, en wanneer ons PR deurkom, het hy alreeds werk, en hoef ons nie in Australie te arriveer sonder werk nie. Dit was weereens 'n antwoord op ons gebede.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Tuesday, 16 September 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment