Ons het vandag gaan aansoek doen vir Medicare. Slegs "permanent residents" of ozzies, kan daarvoor kwalifiseer, maar omdat ons alreeds aansoek gedoen het vir ons PR (permanente residensie visa), en kon bewys dat ons dit wel gedoen het, kon ons vandag aansoek doen vir ons Medicare.
Ons het 'n brief van ons agent gekry, wat hulle weer op hul beurt by DIMA gekry het, as bewys dat ons wel aansoek gedoen het vir PR. Ons het hierdie belangrike brief, met ons paspoorte na die Medicare kantoor geneem, en binne 10 minute het ons met ons tydelike Medicare "slippies" in die hand gestaan. Hulle sal die permanent kaart pos, en ons sal dit binnekort kry. Nou is ons ook geregtig op gratis medies van die staat. Al waarvoor hul nie betaal nie is vir 'n bril of kontaklense, maar hul betaal wel vir 'n oogtoets. Hul betaal ook nie vir 'n tandarts nie.
Ons is op "private medical aid" omdat ons sponsor dit vir ons moet betaal. Maar ons moet self die doktersrekening en medisyne betaal, en dit dan terug eis, waarvan ons net 80 % terugkry. Nou kan ons dokter toe gaan, en nie 'n sent betaal om die dokter te sien nie. Ons dokter ('n Afrikaanse vroue dokter), doen "bulk billing", wat beteken dat hulle self die eise vir doktersbesoeke ingee by Medicare, die pasiente hoef dit nie self te doen nie. Daar word ook net 'n bedrag vir medisyne betaal, wat nie meer as 'n sekere bedrag is nie.
Vir ons is dit net nog 'n mylpaal wat ons bereik het, op ons pad na "citizenship".
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Saturday, 13 December 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
2 comments:
Ja, verby is die dae waar jy 'n arm en 'n been moet betaal aan patoloë vir bloedtoetse en nog wat. Ek was so 'n rukkie gelede vir 'n volledige checkup. Elke denkbare bloedtoets urienetoetse ens. Ek vra toe nog nou waar moet ek betaal. Die sustertjie kyk my so snaaks aan en sê, nee, alles word gedek deur medicare. Ekg's verniet, ens. Darem lekker hier in Oz.
Ja-nee kyk, hier in Oz gaan baie nuwe werelde vir ons oop!
Post a Comment