Thursday, 18 December 2008

Inkopies en sommer net gesels

Ons kom nou net van Mall af. Ek het gou gaan inkopies doen, en wat lekker is is dat die mall besig is, maar jy word nie doodgetrap nie, en hier is niemand wat jou uit die pad loop nie. Mens hoef ook nie jou handsak vas te knyp nie, en dis so lekker, mens kan maar rustig inkopies doen. Nie jaag om net uit te kom nie! En natuurlik is die aircon in die mall 'n besliste wenner in die warm Brissie weer. Almal in die omgewing het ons al vertel dat as dit so warm is, is daar net 1 plek waar jy kan afkoel, en dis in die mall. Almal in die omgewing hang daar rond, net om uit die vreeslike hitte te kom. Natuurlik is dit ‘n ander storie as jy buite toe gaan. Dan tref die hitte jou soos ‘n wolk!

Ek het gehoor van ‘n Pick’n Pay in Aspley, so 15 km van ons af, en Maandag besluit ek om die kinders soontoe te vat. Die Suid-Afrikaners se mens kan ouma beskuit en SA produkte daar koop, so ons ry toe om te gaan kyk. Maar wat ‘n teleurstelling, alles is Coles produkte, en al van SA wat ons kon sien was Chutney, wat ons in elk geval in ons eie Coles kan koop. Ek was eintlik op soek na beskuit, maar daar was niks. Ek bestel dit oor die internet by die SA winkel, so eintlik is dit baie makliker, en nie juis duur nie, so ek doen eerder dit as om weer na ‘n winkel te ry wat dit in elk geval nie het nie. Dit is blykbaar ‘n Jood wat die winkel gekoop het, en gedink het hy gaan baie SAfrikaners trek, maar ek sal beslis nie weer soontoe gaan nie. Dit was net tydmors gewees. En ten spyte van die feit dat dit amper Kersfees is, was daar bitter min mense in die winkel self, die meeste mense het by Toys'R Us rondgehang.

Ek het laatmiddag gister saam met die seuns in die park gaan rondhang. Terwyl ek en die kinders met mekaar Afrikaans gesels, kom daar ‘n vrou met 2 seuntjies en sy verstaan wat ons praat. Sy is toe ook van SA, het omtrent 5 dae na ons hier aangekom. Sy is Engels, maar ons het lekker met haar gesels. Ons begin toe praat oor die mans, waar hulle werk, en toe ek van Leon praat, toe vra sy of hy Leon Fouche is? Ek val omtrent op my rug en se toe: "ja, ken sy hom?" Nee, se sy, maar hulle was die naweek by ‘n verjaarsdag en ontmoet toe oulike man en vrou, ook van SA. Hy vertel toe vir hulle van Leon, en hoe hy vir hom werk gekry het by sy Maatskappy. En net daar het ek weer besef hoe ongelooflik klein die wereld eintlik is. Ons wou ons doodlag dat ons toevallig in dieselfde omgewing bly, en by dieselfde park rondloop.

Leon het ook uiteindelik weer squash bane gekry waar hy en Alrich kan gaan squash speel. Die eerste baan wat hul raakgeloop het, was maar in 'n "onseker" omgewing. Toe hulle daar instap, is daar gym toerusting op die een baan, op die ander baan word aerobics gedoen, en die 3e baan word gebruik vir Pilatus of so iets, waar die mense rustig sit en snaakse bewegings maak. Die 4e baan was darem leeg, so hy en Alrich het maar baie vinnig terug gekom na hulle 1e "match" in Australie.

Ons het ook Saterdag ons Medicare gekry, so ek was gister by die dokter, sonder om ‘n sent te betaal. Ek moes wel ‘n deel van my asma pompie betaal. My 3e pompie wat ek van SA saamgebring het is amper klaar, so ek moes nou nuwes kry.

Ek en Leon moet ook vroeg in Januarie ons Medicals laat doen vir ons PR, dis al wat nog uitstaande is, en dan wag ons maar geduldig tot ‘n “case officer” na ons leer begin kyk. Al ons papierwerk is dan volledig, so dan wag ons maar geduldig tot iets gebeur. Ons hoop om vlg jaar Mei ons PR te kry, maar dit kan langer ook vat as 9 maande, en al wat ons kan doen is wag. Ons moet natuurlik die land verlaat om ons PR te kry, so ons sal dalk sommer Nieu Zeeland toe vlieg, want dis naby en goedkoop, en Leon sal nie so gou vakansie kan vat nie. As ons dan terugkom in Australie, word ons permanente inwoners. Ons kan nie wag nie, want dan kan ons ook van Centrelink geld kry omdat ek nie werk nie, en hulle betaal elke 2 weke iets soos $89 n ons rekening vir die 2 kinders. Dis nie baie nie, maar elke bietjie sal help. Ons kry dit tot die kinders uit die huis is, en ons onder ‘n sekere salaris verdien. Al werk ek, kry ons dit steeds, solank ek ok net onder ‘n seker bedrag verdien, maar ek sal nie so baie geld verdien nie, so ons behoort dit vir lank te kry.

Die regering het nou vir al die pensioenarisse elkeen omtrent $1 400 gegee vir Kersfees, en as jy onder ‘n sekere inkomste verdien, $1 000 vir elke kind, so die Ozzies glimlag breed. Die regering sorg vir sy mense. En party van hulle het 5, 6 kinders.

Hier is oral swanger vrouens. Hulle kry baie geld vir elke baba, en party gesinne het kinders soos orrelpypies, van tieners tot babatjies. Daar is meer mense wat Australie jaarliks verlaat, as wat gebore word, daarom betaal die regering die vrouens om kinders te kry. En tweelinge!!! Dan kry hulle natuurlik dubbel die bedrag. Ek is daarvan oortuig dat hul vir vrugbaarheidsbehandeling gaan om tweelinge te kry, net om dubbel die geld te kry. Dis onmoontlik om soveel tweelinge te sien. Elke 2de ma het ‘n tweeling, en elke 2e vrou is swanger. G’n wonder hier is soveel skole nie, dit wemel van die kleintjies. En die ma’s word aangemoedig om nie te werk nie, daarom kry hul geld vir elke kind as hul nie werk nie. Dagsorg is so duur, dis amper onbekostigbaar. Dis kos tot $65 per kind per dag, so dink net wat kos dit ‘n maand. Dis regtig baie geld.

Alrich het ‘n meisie, haar naam is Amy, so ‘n klein dingetjie met sulke bokkie-ogies. Saterdag aand het vriende hier kom braai, en ek se toe vir Alrich hy moet haar ook nooi. Hy en Amy het die middag in die mall gaan rondloop, maar na ‘n uur toe bel hy my en se ek moet hulle kom haal, hulle is nou verveeld. Ek is so bly ek het hom laat gaan, want nou het hy gesien dis nie eintlik vreeslik interessant om in die Mall te loop en niks doen nie. Amy was so “nervous” om ons te ontmoet, en sy het na die tyd vir Alrich gese dat sy nie gedink het ek sal eers met haar praat nie, maar ek is so vriendelik. Sy was te skaam om te eet, en het by my gestaan, en toe ek haar ‘n drukkie gee, toe se sy net ek is so “kind”. Dan kyk sy my so met daardie bokkie ogies dan wil ek haar dooddruk. Sy en Alrich het in die sitkamers 'n fliek gekyk, en as ek daar ingaan, sit sy so styf teen Alrich se arm, en hy sit met ‘n bree smile op die gesig. Dan besef ek ons word nou wragtag oud. Dit voel of dit nie lank terug nie ek en Leon was wat my ma-hulle se sitkamer gesit het.

Ek het haar pa ontmoet toe ek haar gaan aflaai het, en hy wil net weet of sy haar gedra het. Ek het gese sy is baie oulik, en hulle het hul mooi gedra. Ek dink die man is nogal baie kwaai, want Amy het hom elke uur gebel, so ten minste is dit nie een van die mense wat niks omgee nie. Hulle kom van UK, en is al 2 jaar hier.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts