Saturday, 29 May 2010

"Timeline"

Ek en Leon het vandag dokumentasie ontvang dat ons nou amptelik as emigrante op Suid-Afrika se lys verskyn. Wanneer dit gebeur kry jy jou SARS "tax clearance", word jou rekening in SA geblok, en kan ons nou amptelik ons annuteite wat nog in SA is, laat uitbetaal. Ons hoef nie meer te wag om dit eers op 65 te kry nie.


As emigrante kan ons dit nou kry, baie belasting daarop betaal, en dit weer hier bele vir ons oudag. Die proses het ons so 3 maande geneem. Dankie tog vir ons goeie vriend John in Suid-Afrika wat ons ongelooflik baie hiermee gehelp het, self na SARS se kantore toe gegaan het, ure in rye gestaan het sodat al ons dokument kon ingegee word, en die taak so gou moontlik afgehandel kon word.

Ek het besluit om 'n "timeline" te begin sodat ons kan sien hoe ons emigrasie planne vorder, en hoe lank dit neem om alles af te handel. Vandat ons die besluit geneem het om te emigreer, het ons voluit daaraan gewerk. Dit is nie 'n besluit wat jy kan neem, en more koop jy vliegtuigkaartjies en vertrek nie. Dis 'n lang proses, verg baie geduld en hare op jou tande om al die nodige inligting te kry, veral vanaf die Departement van Binnelandse Sake.

Maar nou, na 20 maande, is ons ge'settle" in ons nuwe lewe. Ons is gelukkig en ek en Leon gesels so baie oor wat 'n wonderlike voorreg dit vir ons is om permanente inwoners van Australie te wees. Ons sien uit daarna om September, 2012, aansoek te doen vir burgerskap. Dan het ons 4 jaar hier gewoon, en kan ons groot wens bewaarheid word, om daardie rooi/maroun paspoort in ons hande te kan hou.


23/02/2008 Vertaling van Matrieksertifikate
26/02/2008 Vertaling van Grade en Diploma asook vakverklarings
03/03/2008 Apply for Unabridged birth and Marriage Certificates
08/03/2008 First consultation with immigration agent
10/03/2008 Book for IELTS test
12/03/2008 Pay for IELTS Botswana
20/03/2008 Leon begin met Skills Assessment
24/03/2008 1e RPL voltooi
26/03/2008 2e RPL voltooi
26/03/2008 Hoor dat Botswana IELTS vol is, moet wag vir 28 Junie
27/03/2008 Kontak British Council in JHB, hul kan ons 14 Junie help
28/03/2008 Betaal vir IELTS
Bevestig dat ons IELTS skryf in JHB op 14 Junie
29/03/2008 Stuur brief vir “refund” aan Botswana
03/04/2008 Leon se Skills Assessment dokumente voltooi
14/04/2008 Leon lewer SA dokumente af by ASA
18/04/2008 Kry briewe by RAU vir kursus in Afr en Praktiese werk
24/04/2008 Skills Assessment dokumente afgelewer by ACS
02/05/2008 Skills Assessment ontvang deur ACS
13/05/2008 Confirmation van ACS – “In Process”
27/05/2008 Skills Assessment uitslag word gepos (with assessor) 3 WEKE, 2 DAE
Kry 2e confirmation letter van British Council vir Oral exam
Kry Waldo se Unabridged geboortesertifikaat en ons huweliksertifikaat

09/06/2008 Leon se Skills Assessment Positief!!!!
10/06/2008 IELTS Oral exam
11/06/2008 My en Leon se geboortesertifikate gekry – vol foute!!!
12/06/2008 My Unabridged sertifikaat gekry
14/06/2008 IELTS eksamen
18/06/2008 Unabridged Sertifikate afgehandel!!!
23/06/2008 Print dokumente vir PR aansoek
24/06/2008 Dokumente vir PR gewaarmerk
27/06/2008 IELTS uitslae
30/06/2008 Video Onderhoud met PWC
02/07/2008 Leon telefoniese gesprek met PWC – gaan 2e onderhoud reel
175 Dokumente na ASA in Jhb (PR aansoek)

04/07/2008 2e Onderhoud met PWC – Sê hy sa na die naweek aanbod kry!!!
07/07/2008 ASA erken ontvangs van PR dokumente
10/07/2008 “Job offer” van PWC
11/07/2008 Aanvaar werk by PWC
13/07/2008 Plaas advertensies op internet vir karre verkoop en ons 3 katte
14/07/2008 Kry huis vir die katte

16/07/2008 “Open Hour” vir huis
Nicky en Chris bied vir ons blyplek aan in Brisbane!!!
Fragomen immi kontak ons vir 457 aansoek
18/07/2008 Vat katte na hul nuwe huis toe
21/07/2008 Boek “medicals” vir 4 Augustus by Linksfield
22/07/2008 Bayleys removals kom gee kwotasie
24/07/2008 PCC aansoek ingegee deur BunnyHop

26/07/2008 Leon se tweede IELTS eksamen
Vat my kar na AA vir roadworthy en fotos

28/08/2008 Leon vat sy kar vir fotos en roadworthy na AA

29/07/2008 De Lucia kom kyk na ons huis vir verhuring
Ons huisagent bring weer mense om vir 2e keer na ons huis te kom kyk

04/08/2008 Medicals en x-strale by Dr Singh
11/08/2008 Medicals ontvang in Australie
14/08/2008 Medies gefinaliseer
18/08/2009 457 Lodged
27/08/2008 175 Visa Lodged
02/09/2008 457 Visa approved
15/09/2008 Bayley Worldwide Removals begin inpak
18/09/2008 Container gepak en op pad na Durban
19/09/2008 Kinders se laaste skooldag

20/09/2008 Pa verras my van George af
Slaap laaste aand by Ma

21/09/2008 Vlieg Australie toe – 18:10
Saam met vriende wat ons ontmoet het wat op pad is Melbourne toe.




22/09/2008 Land 22:30 in Australie
Ons saam met Chris, Nicky en Jonno, by wie ons die eerste 2 weke in Australie gebly het. En ou universiteitsvriende wat gehelp het om ons 13 tasse aan te ry van die lughawe af, met hul 2 kinders. Alrich en Waldo was te moeg om vir 'n foto te "pose", die lang vlug het sy tol ge-eis. Ons vlug was ure vertraag, so ek en Leon lyk soos uitgewaste lappe na die lang vlug.
23/09/2009 Maak rekeninge oop by Commonwealth
24/09/2008 Koop vir my nuwe kar
25/09/2008 Sien ons relocation agent en kyk van buite na huise
26/09/2008 Het afsprake om na huise te kyk, dien 4 aansoeke in
29/09/2008 Hoor dat ons rental aansoek goedgekeur is vir 31 Hare Street
30/09/2008 Teken kontrak vir huis en kry sleutels
01/09/2008 Trek in ons huis in
06/10/2008 Gaan skryf kinders in by skool
Leon begin werk by PWC
07/10/2008 Kinders se onderhoude by skool
08/10/2008 Begin skoolgaan
SA huis se registrasie is deur. Jippee, huis nou amptelik verkoop!
25/10/2008 Kry ons nuwe katjie, Miki
14/11/2008 Ons container word by ons huis uitgepak
13/12/2008 Doen aansoek vir Medicare, kry ons tydelike kaarte
20/11/2008 Stuur onderwyskwalifikasie in na Queensland College of Teachers
20/02/2009 Mediese ondersoek vir Lewensversekering
25/02/2009 PWC gaan ons sponsor – 856 ENS visa (175 visas tydelik gestop)
26/02/2009 Lewensversekering goedgekeur
27/02/2009 Ons nuwe katjie, Misti kom huistoe
02/04/2009 Ontvang dokumentasie van Fragomen vir 856 ENS
06/04/2009 Laat dokumente waarmerk
09/04/2009 Kry werk as “Teacher Aid”
15/04/2009 Vetassess skills assessment ge”lodge”

16/04/2009 Kry my leerlinglisensie
Courier dokumente na Fragomen
21/04/2009 Bloedtoetse vir my en Leon
22/04/2009 Begin werk by skool
23/04/2009 ISLPR Eksamen vir my
27/04/2009 Volle medies vir my en Leon
30/04/2009 Mediese uitslae na verkeerde adres gestuur!!
01/05/2009 Slaag ISLPR eksamen
07/05/2008 Geregistreer as onderwyser by QCT
14/05/2009 Vetassess positief.
28/05/2009 Geregistreer as onderwyser by QED
01/-6/2009 Kourier alle 856 vorms na Fragomen
11/06/2009 ENS “lodged”

24/06/2009 Leon slaag “learners”
Fragomen – immi wag vir 1 Julie, kwotas vir ENS bereik
Registreer by Tracer vir “relief teaching”

25/06/2009 Leon kry sy lisensie
26/06/2009 Werk laaste dag as “teacher aide” by Clontarf
08/07/2009 Kry my lisensie

10/07/2009 “Employer nomination approved”
Gaan kyk na huis
12/07/2009 Besluit om offer in te sit vir huis
13/07/2009 PR visa “granted”!!!!!!!!!!!!!

14/07/2009 PR visa in ons paspoorte geplak
Werk 1e dag as “Relief teacher”

18/07/2009 Offer wat ons insit vir huis word aanvaar
08/09/2009 Ouma kom kuier in Australie
03/12/2009 Ouma keer terug na SA
21/09/2009 Trek in ons eie huis in
12/02/2010 Begin aaansoek doen vir SARS "clearance"
04/05/2010 Begin ons swembad bou
29/05/2010 Amptelik "non-residents van Suid-Afrika"



No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts