Die lekkerste plek om te bly is Brissie, maar die somerhitte is nogal erg, veral die humiditeit, waaraan ons ou Gautengers nie gewoond is nie. Die kinders se grootste wens was dat ons weer 'n swembad kon bou, en ons is besig om hul wens te bewaarheid. Ok, nou nie ons nie, die swembad maatskappy wat ons gekry het.
Hier is fotos van ons agtertuin, voor die gat ........
... en na die gat!
Die hele proses tot hier het presies 4 dae gevat. Ons is baie tevrede met die kwaliteit van die werk tot nou toe.
Hierdie spasie agter die huis was nie ons eerste keuse om die swembad in te he nie. Ons wou dit by die gedeelte agter Leon gehad het, waar die patio by die gras aansluit. Maar die "council" het dit goed gedink om die hoof "sewage" konneksie in die middel van die gekose stuk erf te sit, en ons mag dit nie skuif nie. So ons moet toe maar gaan vir die 2de beste plek, en dit was hierdie deel agter die huis. Ons moet nou alternatiewe sitplek en kuierplek ook iewers ingepas kry, maar ons plan is klaar in wording. Ek wys binnekort die volgende stap wat voltooi is.





2 comments:
Hey Ani!
Dankie vir die nuwe blog addres.
Jammer ek het lanklaas gekuier maar jy sal dit nie glo nie maar ons het weer kuier mense gehad.-My ander 2 boeties. :-)
My male sou ook nou in Julie gekom het maar met die sokker ding kon ons nie vlieg kaartjies vir hulle kry nie. So hulle sal seker nou eers so in okt of nov kom.
Ek moet se daardie ausies vat nie nonsens nie, 4dae vir die vodering van die swembad is lekker gou. Ek kan net dink die 2 seuns kan nie wag nie, alhoewel dit nou winter by julle is, gaan hulle seker 'n plan om die nuwe swembad uit te toets.... :-)
Ek kyk uit na die vodering.
lekker naweek.
Hi, dis lekker om weer van jou te hoor! Ons het ook nou vir 'n paar dae kuiermense gehad wat kom kyk hoe lyk Australie, hul wil dit dalk ook hul tuiste maak.
Hoop julle het 'n heerlike naweek!
Post a Comment