Sunday, 23 February 2014

Verfwerk

Uiteindelik het die verfwerk begin.  Nou weet ons dit gaan
nie lank wees voordat ons huis klaar is nie.  

Hierdie foto lyk of dit nerens inpas nie, maar dit is 'n foto
van die gat wat die "laundry chute" gaan wees.  Dis ingebou in
die boonste gangkas, wat direk in die waskamer val.  


Die waskamer se mure is geverf.  Fantasties ... niks meer
grys "plasterboard" om teen vas te kyk nie.  Ons is tevrede dat
die kleur goed by alles pas.


Die kombuis - toegedraai in plastiek en lappe, sodat
verf nie op die kabinette val nie.  Die hele huis is toegplak
en dit lyk soos 'n groot geskenkpakkie van binne!!  Die verwer 
en sy span het amper 2 dae geneem om die huis toe te plak, en
na een dag se verwerk was die huis se eerste laag klaar gedoen.


Die sitkamer - al die deure in die huis is afgehaal,
dit word ge"spray", en dit gaan baie vinnig!!


Die hoofslaapkamer se badkamer.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts