Geverfde mure .... vordering elke dag!
Die manne se toilet en wasbak is nou klaar geverf.
Vandag het die kaste se rakke en hangplek verskyn. In
Ozland is rakke glad nie 'n prioriteit nie. Bitter min huise
se kaste het rakke in, en as jy dit wil he, moet jy praat ....
anders word aangeneem jy soek net hangplek. Natuurlik kom
dit ook met 'n prys!!
Ouboet se kamer het die groot kas ...
Kleinboet se kamer het minder hangplek, maar soos seuns
is het hy nie regtig 'n saak nie .... al wat hy wil doen is sy dromme
uitpak om te speel. In die huurhuis is daar nie plek vir dromme nie,
en hy kyk gereeld verlangend na die boks in die garage waarin dit
gepak is..... natuurlik heel onder al die ander bokse!!!
No comments:
Post a Comment