Vandag het die voorste muurtjie die lig gesien. Ons
nuwe posbus sal aan die kant van die trappies wees.
Ons nuwe posbus staan tydelik op 'n ou, krom koffietafel
op die voetpad.
Die agterste heining is ook in wording. Nou is dit duidelik
waar die grenslyn loop.
Die groot oomblik ... Leon het die karavaan uit sy stoorplek
gaan haal, en met groot vreugde het die karavaan sy nuwe
blyplek tegemoet gegaan. Wanneer die muur opgaan, sal die
karavaan glad nie sigbaar wees nie.
No comments:
Post a Comment