Friday, 8 August 2014

Naweek in Sydney

Ons het vroeer in die week besluit om 'n vinnige draai in Sydney te gaan maak ..... Nee, nie regtig nie!!!

Leon werk gereeld in Sydney, en het besluit dat hy 'n dag of 2 langer sal bly, en ek het Donderdag na werk Sydney toe gevlieg.  Hier onder is die "view" vanuit ons hotelkamer.  Ons kyk uit op Darling Harbour.


Vrydag het ons besluit om die Power House museum te besoek, omdat ons die vorige keer nie tyd gehad het daarvoor nie.  Ons het so 25 minute van die hotel af geloop tot by die Museum.  Ons was gelukkig om die "Ballroom dancing" uitstalling te kon sien.

Die ou kostuums ....




En vandag se moderne kostuums .....




Die tema was bekendes se klere, en hierdie was een van die flambojante  kostuums van die dag:


Ons het so tussen 2 en 3 ure in die museum rondgeloop, en na 'n koppie koffie en 'n "white chocolate brownie" het ons in 'n taxi gespring on na die Opera House toe te gaan.  Ons wou eers loop, maar 'n 45 minute se stappie was bietjie te veel vir ons seer en moee voete.  Hierdie was ons 4de besoek, en dit bly 'n ongelooflike ondervinding.  

Ek het nie hierdie keer foto's van die Opera House geneem nie, want ons het uitgevind dat Vrydag "excursion day" is vir die skole in en rondom Sydney.  Die wereld het gewemel van skoolkinders, en ek kon nie 'n foto neem van die OH sonder om 100'e kinders in die foto te kry nie.

Ons het besluit om 'n toer van die OH te doen, want ons wou graag sien hoe dinge binne werk.  Die seuns was nie saam met ons nie, hul het die paar dae by die huis gebly, en ek en Leon kon die dollars bymekaar skraap om vir die toer te betaal.  Dit was $37 per persoon gewees.

Hier is 'n paar foto's van die OH.  Hier onders is foto's van een van die 3 kleiner teaters.  Ons kon hier foto's neem, nie oral word fotografie toegelaat nie.



Iets wat ons nie verwag het nie, is om zoveel hout binne in die OH te sien.  Van buite is dit 'n teeldak en glas, en van binne is dit hout, sement en glas.  Hier is die ontvangslokaal van een van die 2 groot teaters.



Die OP se dak van die binnekant:  Sementblokke net waar jy kyk:






Very "impressive" om te sien!!


Die uitsig van binne:



Een van die "balkonne" waar teatergangers wag om in die teater in te gaan, en waar verversings bedien word.






Dit is regtig een toer in Sydney wat ek kan aanbeveel.  Vir die wat nog meer wil sien, daar is ook 'n "agter die skerms" toer waar jy kan gaan kyk hoe dit agter die skerms lyk.  Miskien doen ons dit 'n volgende keer.  Daar is altyd iets nuut om te sien in Sydney.  'n Fantasties plek om vakansie te hou, maar nie te bly nie!! Dis 'n pragtige stad, maar ek was baie bly dat ons paadjie ons Brisbane toe gelei het.




1 comment:

Qposter said...

It is a great pleasure going through your site because I love your every post. That's why I have bookmarked your site to check out new stuff from you. Thanks for sharing ...

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts