Thursday, 18 September 2008

2 Slapies voor ons vlieg

Ons het gister die container om die hoek sien verdwyn, en gisteraand in ons huis kampeer met ons oudste beddegoed en geleende matrasse. Toe ons vanoggend wakker word was dit die wonderlikste gevoel om te weet dis nog net 2 slapies voordat ons vlieg. My jongste het vanoggend met blink ogies gese dis sy laaste dag wat hy ooit, ooit gaan skoolgaan in hierdie land, en ek was so bly om net vreugde en nie trane te sien nie. Hy het juffrou se geskenkie in die tas gedruk, en gevra wanneer kan ons ry, hy is haastig. Vir my oudste gaan die dag nie so maklik wees nie. Hy is 13 en in gr. 7. Hulle is in 'n klein skooltjie, en almal is soos familie. Hy is hier weg met 'n sak geskenke vir sy onderwysers (al 14 van hulle), en hy het vir elkeen van sy maats 'n persoonlike brief geskryf, met sy nuwe e-pos adres, en sy nuwe selfoonnommer. Riekie het vir my 'n nuwe simkaart gestuur, en ons het gedink dis goed as hy dit kry om alreeds vir almal sy nuwe nommer te gee. Hy is ook prefek, en baie gewild, die clown in die klas, so almal is jammer dat hy weggaan. Vandag is hy hier weg met my kamera, om almal te gaan afneem, ook kleinboet en sy maats.Hy het ook 'n boek skool toe gevat, en al die maats en onderwysers het vir hom die mooiste boodskappe geskryf. Ek kon net so 1 of 2 lees, toe loop die trane. Hy se die hele klas het gehuil, juffrou die hardste van almal, en selfs die grootste boelie in die klas, het saamgehuil, toe hy die eerste een in die klas is wat 'n boodskappie geskryf het. Hy het almal aanvaar soos hulle is, en was selfs vriende met die uitgeworpenes en die boelies, en daarom is hy so gewild. Ek glo dat die nuwe skool se maats en onderwysers net so gou al sy wonderlike karakter eienskappe sal raaksien. Ek het my jongste (10) se boekie net gebere, want die kleintjies se handskrif en eerlike groete, het my net te diep geraak. Self hy, net 10 jaar oud, voel net so diep soos sy ouboet, en mens onderskat die verhoudinge wat hul bou in hul skool, al is hul jonk en dink mens nie altyd hoe intens hulle kan voel en beleef nie. Ek het weereens besef hoe belangrik is hul maats en 'n veilige skoolomgewing vir ons kinders. Hulle wil net behoort en gelukkig wees, en baie liefde en aanvaarding kry.Ek het nou heeltemal van die topic gedwaal, maar dis hoe ons oggend begin het, en nou wag ek vir die skoonmakers om my huis te kom skoonmaak. Jul kan nie dink hoe vuil is so 'n huis na so 'n pakkery nie. Ons huis gaan so 5 weke leeg staan, tot die huis geregistreer is op die nuwe eienaar se naam, so vandag moet alles blink. Dan gaan ek met 'n skoon gewete op die vliegtuig klim. Hoekom skoonmakers? Na al die skoonmaak sien ek net nie meer kans om weer skoon te maak nie. Lekker lui, maar ek is nou OP!!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts