Sunday, 21 September 2008

Ons vlug na Brisbane

Uiteindelik het die groot dag aangebreek. Ons is so opgewonde!!!




Ons het die laaste aand my my ma geslaap, en ek is so bly ons het 'n laaste keer onder haar dak geslaap. Ek het die beddegoed wat ons ekstra gehad het uitgehou, om by haar te gebruik, sodat sy dit by die CANSA winkel kan gaan aflaai, omdat ons dit nie nodig gaan kry nie. Ons was Sondagoggend haastig om te groet en ons laaste tasse by die huis te gaan inpak. Ons was ver oor ons 160 kg toelaatbare gewig, so ons moes gaan ky hoe ons dit kan minder maak. Ons was 24 kg oorgewig, en dit is nie 'n maklike taak om dit minder te maak nie.
Dit was glad nie maklik om my ma te groet nie. Toe ons wegry, het sy agter haar traliehek gestaan, met 'n sakdoek voor haar mond en neus soos wat sy huil. Dit is ingebrand in my hart, en 'n prentjie wat ek in my lewe nooit sal vergeet nie. Niemand wat nie al self hierdeur is, sal verstaan hoe verskriklik dit is om jou ma so te sien nie, en nie te weet of jy haar ooit weer gaan sien nie. My hart was in stukke, en ek het nog nooit in my lewe so verskriklik gehuil tot by die huis nie. Dit is waarna ek die meeste opgesien het, om my ma te groet. As ek aan haar dink, dan sien ek haar op haar stoepie staan.
Ek was so bevoorreg dat my Pa die Saterdag oggend van George af opgevlieg het om ons te kom groet. Dit was 'n groot verassing, ek het nie geweet hy sou kom nie. Nog nooit het ek en my pa so in mekaar se arms gestaan en huil nie, en hy het die hele tyd my rug gevry, asof hy my teen hom wou afvryf vir die toekoms. Waldo is baie verknog aan sy Oupa, en hy het net so hard saamgehuil. Dit het my hart gebreek om van almal afskeid te neem, en my broer is die laaste een wat ek gegroet het. Ons het mekaar styf vasgedruk, en ons kon nie praat nie, en hy het die kinders gegroet met soveel trane, sonder woorde. Hy is 'n "bachelor", en my kinders was soos sy eie.

Ek kan vir niemand dit beskryf nie. Dit was ongelooflik swaar en moeilik. Dit ruk aan jou hart en dit voel of 'n stuk lewe van jou weggeruk word. En in my agterkop se ek self die woorde van ander emigrante:
Emigrasie is nie vir sissies nie!!!!!!!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts