Wednesday, 24 September 2008

Our 2nd day in Oz

Ons het uiteindelik veilig in Oz aangekom. Quantas het ‘n nuwe kaartjiestelsel geimplimenteer, en ons het langer as ‘n ¾ uur gevat om in te boek. Dan wil die boarding passes nie druk nie, en toe moet hulle uitwerk hoeveel ons hulle skuld vir die 23 kg oorgewig. Ons het net $144 betaal, ek dink hulle het dalk ‘n fout gemaak. Toe moet Leon op ‘n ander plek die R940 gaan betaal, en ek en die kinders staan steeds. Ons was so bang hulle charge ons meer, so die verligting was groot toe dit nie so baie is nie. Toe ons moes board, toe staan die mense gereed, vir 2 ½ ure voor die hek. Hulle se nie die vlug is “delayed” nie, niemand weet wat gaan aan nie. Ons was teen daardie tyd al so moeg, en die kinders het sommer op die vloer gele op hul tasse. Ons was so bly toe ons uiteindelik op daardie vliegtuig klim en kon sit.

Jy sal dit nie glo nie, maar ons bagasie is veilig hier. Nie een tas is weg nie, en die wrapping was nog om al die tasse. Net gebede! Op Sydney het ons deur Passport control gegaan, en toe se die Ozzie girl ons moet wag, immigration wil met ons gesels, en daar vat hul ons agtertoe om op stoele te wag. Toe raak ons nogal bekommerd, en wonder wat gaan aan. Uiteindelik toe kom die immigration ou terug, en hy het net ons verklarings briefies gestempel, en ons so te se klaar ge”clear” vir customs. Ons het verlig gesug en ons tasse gaan haal. Leon moes binne ‘n paar minute ons tasse vang, want hulle het 1 na die ander gekom. Het nog nooit in my lewe tasse so vinnig gekry nie. Terwyl ek met 1 trollie wag, vol tasse (daar was 3 tasse) toe loop nog immigration ouens rond, vra my paspoort en weer die kaartjie, en se ons is klaar ge”clear”, kan maar net gaan. So kom ons toe by die customs, en die ou beduie vir die customs ou of ons moet gaan tasse oopmaak, en of ons net deur die x-ray moet gaan. Genadiglik wys hy toe x-ray, en hulle was tevrede. Net vir my gevra waste chroniese medisyne ek gebruik, en toe is ons uiteindelik op pad om te gaan incheck by domestic. Ons is outomaties oorgeboek op ‘n vlug, 4 ure later. Gelukkig kon Leon ons op vroeer vlug kry, so ons het net ‘n uur gewag. Ek het solank vir my ‘n Telstra pre-paid kaart gekoop, en toe wag ons so 40 minute vir die vlug. Sonder enige probleme. Alrich en Waldo het die uur lank geslaap, en was uit soos kerse. Nie een het naar geword van die vlug nie, so die Stugeron pille het goed gehelp.

Die vlug na Sydney was nogal rof, so 3 keer het ons verskriklik “turbulence” gekry, en moes ons vashou, met ons skinkborde op die tafel. Dit was die ergste wat ek dit nog ooit ondervind het. Kan nie glo so groot vliegtuig kan so hop nie. Ons het nie eers poeding gekry nie, dit was scary, die kinders het natuurlik gedink dis heerlik!! Die hele vlug was vir hulle die wonderlikste ding op aarde, wil net weet wanneer vlieg ons weer.

Nicky en haar gesin, (wat saam met Leon by PWC gaan werk) en Jacques en Rone (wat ons ken van universiteit) en hul kinders het ons ingewag. Dit was oorweldigend om bekende gesigte te sien en uiteindelik in Oz te wees. Ons het gedink dit gaan net ‘n droom bly. Toe ons buite kom het ons hierdie vars, soet reuk geruik, die reuk van ons nuwe land. So skoon!!!! Die kinders het dit dadelik geruik en gese hulle het nog nooit sulke skoon lug geruik nie. Dit was al 22:45, en ons was pootuit. By Nicky het sy die tafel gedek met die Australiese vlag serviette en balonne, en vir ons almal klein geskenkies gegee. Vir die kinders sleutelhouers met die Ozzie vlag wat flicker en vir ons ook sleutelhouers en vir my ‘n spiel, badgoed en bokse tissues, en die hele badkamer is vol room en seep, vir ons gebruik. Sy het skaapboud en groente vir ons gemaak, maar omdat ons laat was, het ons skaars geeet. Gelukkig het ons hulle laat weet ons is op ‘n later vlug, anders het hulle ure vir ons moes wag. Ons het eers 12:30 gaan slaap, want Nicky en Chris wil net gesels, en die kinders kon nie ophou speel saam met Jonathan nie. Hy is 14, en so geduldig met die kinders. Het sy groot bak Lego uitgehaal en saam Waldo blokkies gebou, en later saam met Alrich skaak gespeel.

Ons het eers half nege wakker geword, (00:30 by julle), en voel nie te moeg nie. Dink die jetlag gaan ons Dinsdag tref.



Maandag

Ons het gister ‘n kar gaan koop, en toe die ‘salesman” Tommy, vanaf Ierland hoor ons is van SA, het hy in Afrika tyd die vorms ingevul, en hy wou net gesels. Almal in die winkel het naderhand geweet ons is maar 1 dag in Oz, en hulle kon nie genoeg vir ons doen nie. Ons sou more al die kar gekry het, maar nou het hul nie die kleur in voorrad nie, so ons sal dit seker eers vlg week kry. Kan nie wag om weer mobile te wees en self te kan rondry nie. Ons het vandag ‘n GPS gaan koop, sodat ons darem nie te veel verdwaal nie, en ons het ook Leon se bankrekening geaktiveer. Ons het ook vir my en die kinders rekeninge oopgemaak, en dit is ook nou afgehandel. Het seker so 90 minute gevat, maar alles is gedoen. Leon kan eers as hy begin werk vir ‘n kredietkaart aansoek doen, en ek kan dan ‘n addisionele kaart kry. Mens het nie altyd kontant by jou nie, of genoeg in die spaarrekening nie, so dan is ‘n kredietkaart maar ideal.

Die Ozzies in ongelooflik behulpsaam, is baie impressed met my naam, en Leon word al Leone genoem. Ons van is nogal moeilik, so almal vra hoe dit uitgespreek word. Hulle aanvaar ons ook as emigrante. Soos die 1 vrou by Toyota vir ons gese het, dis net die slimmes wat hier inkom, so hulle verwelkom ons met ope arms, en hulle dink ons het “guts” om ons land agter te laat om hier oor te begin. Die meeste Ozzies woon hulle hele lewe lank op 1 plek, en hulle is te bang om na ‘n ander streek te trek, wat nog te se van ons wat na ‘n ander land toe gaan.

Leon begin die 1e Oktober werk, en ek weet nie wat ek gaan doen nie. Ons het nog nie ‘n huis nie, die agent kan ons eers Dinsdag vat om te kyk, so ek weet nie hoe lank dit vat voor ons aansoek deur ‘n agent aanvaar gaan word nie. Ek hoop regtig dit vat nie lank nie. Wil nou ons eie plek kry, en my goed in my eie kaste uitpak. Ons kyk na North Lakes, en die skool is North Lakes State College, van gr. K tot gr. 12, so dis ideal vir die kinders. Ons moet net eers ‘n huis kry, dan kan ons hulle inskryf. Dis nou skoolvakansie, so ons kan niks doen tot die 6e Oktober vir die kinders nie, moet net ‘n huis kry.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts