Friday, 26 September 2008

Ons "house hunting" ekspedisie

Ons was die afgelope 2 dae baie besig. Ons het gister met Wendy, ons “relocation agent” vergader, en voor huise verbygery wat te huur is, sodat ons die areas kon sien en ook watter ons die meeste van hou. Ons het van 12 – 5 saam met haar gery, en toe huis toe gekom en begin afsprake maak om die huise te “view”. Vandag het 'n vriend ons gevat om na die huise te gaan kyk. Ons het na 6 huise gaan kyk, 5 in North Lakes, en 1 in Mango Hills. Mango Hills is net oorkant North Lakes, en val steeds in die skool se catchment area, en Leon kan van daar makliker en vinniger by die Petrie stasie kom.

Die huis in Mango Hills is ons “favourite”. Toe ons dit sien, het ek en Leon vir mekaar gekyk en gese dis die huis wat ons wil he. Dis in ‘n cul-de-sac gelee, en op die draai is daar ‘n stroom, met fietsrypaaie wat baie ver gaan. Die kinders loop, ry fiets en skateboard daar, dis ideal. Daar is sulke groot bome, dit lyk soos ‘n vakansieplek, met hierdie waterstroom wat daar loop. Dis nie gelyk met die huise nie, dis darem so bietjie dieper af, maar veilig en baie mooi. Ons het dadelik daarvan gehou. Dit is ongelukkig weer ‘n dubbelverdieping, maar die kamers is nogal groot, en onder is ‘n gastetoilet, met ‘n laundry, wat regtig gerieflik is. Ons vriende dink ons het ‘n goeie kans, want die huis staan leeg, en niemand huur eintlik die dubbelverdiepings nie, en bly eerder in North Lakes as Mango Hills.

Van die ander 5 huise het ons net van 3 gehou, so ons het by twee agentskappe gaan applikasies invul, en nou moet ons tot Maandag wag om te hoor of een van die 4 aansoeke suksesvol was. Ons hou duim vas dat die die dubbelverdieping is. Dis regtig baie mooi binne, met baie ingeboude kaste, selfs in die gang, en die kombuis is ook nogal groot, met heelwat kaste, en ‘n groot hoekkas, amper so groot soos ons spens was.

Die ander 4 huise is ook nogal mooi, net heelwat kleiner, meer beknop, maar as ons een van hulle kry, sal ons ook bly wees. Almal het 4 slaapkamers, 2 badkamers, ingeboude hangplek, en gangkaste. Die een se laundry is in die garage, en ek hou nie daarvan nie, maar die res is mooi. Nou moet ons maar duim vashou en kyk wat gebeur, en baie hard bid vir die regte huis.

Ons het ook gehoor ons kan Dinsdag 11:30 my kar gaan haal. Ons is so bly, want omdat Leon Woensdag moet begin werk, kan ek darem nou rondry, en as ons suksesvol is met een van die huise, gaan betaal en begin trek met al ons tasse.

Ons nuwe vriende is mal daaroor om ons so rond te ry, en hy sit ure en wag vir ons as ons iewers vorms invul, en hy het na al die huise gekyk, en hy voel nogal dieselfde as ek en Leon oor die huise. Hulle is ‘n wonderlike familie. Die jongste seun sit die hele tyd saam die kinders en games speel, en as hy sy boude lig, is Waldo by. Hulle gaan stap en gesels, speel golf in die tuin, en is besig om die teleskoop op te stel om vanaand na die sterre te kyk. Ons wil sodra ons intrek ‘n wasmasjien gaan koop, dan kan ek darem in ons eie huis ons wasgoed met ons eie Ozzie wasmasjien was.

Ons het ook mail gekry dat ons container gister op ‘n skip van MSC (Mediteranean Shipping company) gelaai is, en 22 Oktober hier verwag word. 2 weke moet toegelaat word vir die customs om dit deur te gaan, so ons behoort teen vroeg November ons goed te he. Klink nog lank!! Maar ons leef nou al amper 2 weke uit tasse, so ons raak gewoond daaraan. Ten minste as ons ‘n huis het, kan ons dit wat ons het, begin uitpak, en ophou soek na alles. Hier is ‘n plek waar mens vir goedkoop meubels kan huur, van ‘n ketel tot ‘n sitkamerstel, so ons sal seker maar ‘n yskas en beddens huur, tot ons goed kom, en dalk ‘n stoel of 2. Natuurlik ook ‘n lessenaar vir ide rekenaar.

Ons internet konneksie is goed, maar die rekenaar is vodde. Ek dink al die x-strale het bietjie goed ge”damadge”. Ons het darem nog internet terwyl ons by Nicky-hulle bly, maar ons gaan vir ‘n rukkie sonder dit wees wanneer ons in ons eie plek kan intrek.

Ons is so besig, ons het nog nie kon vakansie hou voor Leon begin werk nie. Ons wil net eers alles reg kry voor ons begin. Die kinders het vandag pos gekry dat hul bankrekeninge oopgemaak is, en ‘n klein kaartjie met hul rek nommers op. Hul kry nie kaarte nie, tensy ons daarvoor aansoek doen. Maar dis gekoppel aan myne, so ek kan vir hulle geld trek. Ek doen dit in elk geval, so ons sal later kaarte kry. Ons wag nog vir my en Leon s’n. Dit behoort vlg week hier te wees, dan kan ons ook geld trek uit ons rekeninge. Ons moet nou in die bank gaan, maar gelukkig is Leon se internet banking geaktiveer, so ons het al ons kar klaar betaal, so ons het darem nou al iets wat ons s’n is, al het ons dit nog nie. Leon se kaarte is Brisbane toe gestuur (hy het op die internet sy rekening oopgemaak), maar dit is nerens nie, so dis geaktiveer, gekanselleer en hulle moet net nuwes druk, maar ten minste is al ons geld hier in Oz, veilig in ‘n rekening.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts