Ons het gister fondgery in die Sunshine Coast, en ons eerste kangaroe van naby bekyk. Hulle is tog te oulik. Ek kan nie dink dat die Ozzies hulle eet nie!

Ons het later by die see gaan pizza eet. Ons was by 'n strand wat Moloolaba genoem word. Dit is ongelooflik mooi, en ek sou graag weer hiernatoe wil kom vir 'n lekker dag op die strand. Dit was winderig en ysig koud. Ek kan nie glo die mense hou al somer as ek so koud kry nie.
No comments:
Post a Comment