Ons het vandag gehoor ons het ‘n huis gekry. Dit was nie ons eerste keuse nie, maar die 4e en laaste een, so daar is heelwat goed wat ek nie van hou nie. Die waskamer is in die garage en die stoof is gas. Daar is ook nie eintlik ‘n erf nie, ons gaan die bure kan groet deur die vensters. Maar ten minste kan ons nou hierdie week intrek, en ons goed begin reel. Ons kan ook nie troeteldiere daar aanhou nie, maar ons moet nou maar eers uithou. Ons wil net vir 6 maande 'n kontrak teken, dan kan ons rustig na iets anders soek. Dit gee Leon tyd om te sien hoe ver dit werk toe is, en of dit die moeite werd is om so ver te commute elke dag. Maar die ander groot pluspunt is dat dit naby die see is, seker so 13 km.
Die huis is nog in die area wat ontwikkel word, so die park is aangele, en die paadjies is daar om te loop, stap of fietsry, maar die water is nog nie in die dam nie. Ek dink nie dis lank voor dit voltooi is nie. Dis ook baie stil en rustig daar, so ek glo ons gaan lekker bly. Die ander pluspunt is dat dit om die draai is van Jacques en Rone, wat saam met ons op Universiteit is, so ek dink dit gaan wondelrik wees om te kan stap na hulle huis, want dis net om die hoek. Iemand naby om hulp en raad te gee. Hul oudste is Waldo se ouderdom,en hulle het klaar ge"kliek" so ek dink hulle gaan lekker bly.
Dit is gelukkig heelwat groter binne as wat dit van buite af lyk, en Leon sal nie veel gras hoef te sny nie. Vir hom 'n groot verligting. Hy het met sy werk gepraat en hulle is ok daarmee as hy eers vlg week begin werk, hy moet nog net met die HR department praat, maar ek glo nie hulle sal ‘n probleem he nie.
More sien ons die agent 12:30 om al die papierwerk te doen en die deposito te betaal, asook die eerste 4 weke se huur vooruit. Ons kan nou nie ons kar 11:30 kry nie, dis omtrent 'n uur se ry van Caboolture na North Lakes, so ons sal maar reel om dit later te kry. Ons kan ook more die sleutels kry, en die agent het net gebel om Leon se besonderhede te kry, sodat hul die gas kan laat aansit. Hier is die diens baie goed wat dit aanbetref.
Heel eerste net die huis uitsorteer, en ons weet die kar wag vir ons, maar definitief ry ons more aand in ons eie kar rond. Met ons eie GPS. En ons het ons eie huis. Ons begin darem nou al voel ons het weer iets wat ons s'n is. More aand gaan ons lekker slaap, en definitief Woensdag intrek, met ons 9 tasse. Kan nie wag om te gaan shopping doen nie. Ons gaan ook 'n yskas en 'n paar ander goed huur, tot ons container kom.
En dan is ons reg vir die skool om te begin, en die kinders te gaan inskryf.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment