Vandag het diekinder hulle onderhoude by die skool gehad. Gister oggend vroeg is ons skool toe om hulle te gaan inskryf, en nadat ek hordes vorms moes invul (alles dubbel, 'n aparte stel vir elke kind), het die "enrollment officer" ons gesien, seker gemaak ons woon in die catchment area van die skool, en al ons dokument nagegaan wat die skool nodig het. Gelukkig het ek vooraf al die nodige dokumente in 'n "flip file" gesit, sodat ek net kon vat en ry.
Waldo het 'n onderhoud gehad met die fise-hoof van die Junior Primere skool, maar toe sy uitvind hy is 10, en nie net groot gebou nie, toe gaan roep sy hulp. 'n Mansonderwyser het kom gesels, en hulle het besluit hy gaan sosiaal makliker aanpas tussen sy eie ouderdom maats. Hulle gaan hom gedurende die vlg paar weke goed dophou, en tussen-in toets, om te kyk waar daar gapings is, en dan sal hy ekstra klasse kry om werk te doen wat moet opgevang word. Hy is baie opgewonde, en gee glad nie om vir al die ekstra werk nie. Gelukkig is hy 'n baie flukse seuntjie. Raar, maar waar!! Toe is ons weg na die "middle school" se vise-hoof. Dit is van year 4 - 6, en sy is ook die hoof vir year 7 - 9, waar Alrich val, so ons het sommer 'n dubbele onderhoud gehad. Sy het bietjie met die seuns gesels, en toe ook verduidelik hoe werk die skooluniform. Sy het vir die kinders gese in wie se klasse hul gaan wees, en wat ons more gaan doen met hul eerste skooldag.
Die skool het 'n "buddy system", waar kinders in dieselfde groep gekies word as "buddies". Hierdie kinders kry vooraf opleiding, spesiaal hoe om met nuwe kinders te kommunikeer en hulle te laat tuis voel. So vir die volgende rukkie gaan elkeen 'n "buddy" he wat hom gaan rondwys, help en sommer net naby wees. Ek dink dit is wonderlik, en hulle gaan makliker die skool saam met hulle "buddie" leer ken. Ons moet more oggend 8:20 by die kantoor wees, en hul "buddies" sal hul daar ontmoet, en klas toe neem. Ek sal saam met Waldo na sy juffrou toe gaan, Alrich sal hom doodskaam om saam met sy ma gesien te word!!
Waldo is in year 4G, by mrs. Jones, en sy is blykbaar baie goed. Su klas is Bendigo 1. Elke jaargroep het hulle eie groep klasse. Die onderhoof wat ons gesien het, Anita, se kind was 2 jaar in haar klas, en sy praat met lof van haar. Sy het baie ondervinding, en sal Waldo se gapings gou kan identifiseer, so sy is seker bietjie ouerig, presies die persoon wat Waldo nodig het. Hulle bly die hele dag in 1 klas, en die klasse vorm 'n sirkel, en in die middel deel al die year 4 kinders, 'n rekenaarsentrum. Blykbaar word daar baie met rekenaars gewerk, dieselfde ook vir Alrich. Rekenaars en tegnologie is 'n groot ding in die skole.
Alrich is in year 7C, in Mr Herman se klas, en sy klas is Terrace 1. Die year 7 kinders bly by dieselfde onderwyser heeldag, in dieselfde klas, en kry net sekere vakke by 'n spesialis onderywser. Dit behoort rustig te wees, sonder dat Alrich daardie sware tas moet ronddra. Hulle doen ook baie werk op die rekenaars, en dit klink of hulle omtrent in al die klasse rekenaars het. Sal meer weet more, want dan kan ek al die nuus hoor.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment