Alrich is deur 2 "buddies" ingewag, en nogal 2 meisies. Ek weet nieof hy of die 2 meisies die breedste ge"smile" het nie. Ek wens ek kon dit afneem!
Waldo is deur 'n seun en meisie ingewag, en hy was so opgewonde. Het saamgeloop, met hulle gepraat, en in die klas op sy plek gaan sit, en breed geglimlag, nie eers vir my baai gese nie. Die juf. Mrs Jones, het gese dat sy vir Waldo 'n lysie sal maak van wat hy nodig het, en ek kan vanmiddag na skool met haar kom gesels, en gesels oor Waldo.
Terwyl ons vir hulle "buddies" gewag het, het die mansonderwyser wat ons gister gehelp het, met Waldo gesels, gevra in watter klas hy is, en gese hy is by die heel beste juffrou. Hy gaan ook die Learning centre e-mail, sodat hulle weet in watter klas Waldo is, sodat hulle kan weet hy is daar as hule begin toetse doen met hom. Ek is baie tevrede, hulle is baie groot, maar elke keer as die man ons sien, vra hy uit en se dat die kinders gaan gelukkig wees, so ek hou duim vas. Ten minste weet hulle van Waldo, en kan hom help waar nodig.
9 Oktober 2008
Waldo en Alrich is gister al2 getoets, om te sien hoe ver hul akademies gevorder is. Waldo het 'n speltoets geskryf in sy klas, en 14 uit 15 gekry, so sy juf is baie beindruk. Sy het ook gister lank met my gesels, en is bereid om hom met enige iets te help, en sy het tot haar e-mail adres gegee, sodat ek so met haar kan gesels en vrae vra as daar probleme is. Waldo is so gelukkig, ek het hom nog nooit so gesien nie. Hy het blykbaar 2 keer gehuil, maar dis nie vir my vreemd nie, hy is mos maar die emosionele ene. Sy wou dat hy Afrikaans praat, maar hy het gese hy sal later, wanneer hy meer "gesettle" is. Toe is sy juf eers beindruk, want dit wys hy gee nie net op nie. Glo ook nie ek sou dit die eerste dag in 'n nuwe skool gedoen het nie. En wat se jy nou eitnlik?
Na Alrich getoets is, (hy bly in year 7), het hulle besluit hy is te slim vir die klas waarin hulle hom gedeel het, en hy moes toe na 'n slimmer klas skuif. Hy was nie baie happy nie, want hy het klaar maats in die ander klas gemaak, en nou moet hy vandag van voor af vriende kry. Hy het gistermiddag laat in die park met sy maats gaan speel, en toe hy terugkom, is hy rustiger. Hy se toe vir my dat die Here het vir hom talente gegee, en hy moet dit gebruik. (Het byna omgeval van verbasing!) Ons se dit so baie vir hom as hy so lui is, en hier kom hy self en se dit vir my. Toe weet ek ons is op die regte plek, en my kind se kop is reg aangeskroef. Hy se toe ook hy weet hy sal ook weer indie nuwe klas weer weer nuwe maats maak. Hy weet net nie waar die nuwe klas is nie, so vanoggend moes ek hom weer kantoor toe vat. Die ontvangsdame se dogter is in dieselfde klas, en sy het vir hom beduie waar dit is. Hy is gelukkig daar weg met 'n smile, so ek glo dit sal goed gaan vandag. Hy maak so vinnig maats. Ek hoop hy is vanmiddag weer vol gesels en opgewondenheid.

Toe ek terugloop kar toe, loop ek by Waldo se klas verby, en ek hoor net "Waldo, Waldo", soos die kinders hom roep en met hom gesels, en hy glimlag en is so tevrede. Dis die eerste keer dat ek Waldo so sien en dis vir my wonderlik. Dit wys vir my hulle was reg vir die groot Trek, en dat die Here ons hiernatoe gelei het. Dis 'n ongelooflike wonderlike gevoel.
Ons huis foon is nou gekoppel, so ons kan binnekort ADSL kry.
No comments:
Post a Comment