Friday, 10 October 2008

My katte

Photobucket Album

Een van die hartseerste dinge wat ons moes doen, was om ons 3 katte "kinders" weg te gee. Ons moes vir hulle 'n nuwe huis kry, want ons het nie R75 000 gehad om hulle Australie toe te bring nie. Ek het ook geweet ons oudste kat, Purdey, wat al 7 jaar oud is, sal dit nie oorleef om vir 7 maande in kwarantyn te wees nie. Die 2 jong katjies sou dit kon doen, maar ek kon dit nie oor my hart kry om dit aan hulle te doen nie.

Ek het hulle op gumtree.co.za geadverteer, en as antwoord op ons gebede het 'n wonderlike vrou al 3 ons katte "aangeneem". En is hulle gelukkig!! Voordat ons gevlieg het, het ek en Leon vir oulaas vir hulle gaan "totsiens" se, en ons was baie bly dat ons dit gedoen het. Toe kon ons self sien hoe gelukkig en tevrede hulle in hulle nuwe huis is. Die 3 katte het elkeen ook 'n nuwe slaapplek gekry. Purdey, die oudste een, slaap by die baba in haar bababed, Leila slaap saam met hul 3-jarige dogtertjie in haar bed, en Nina, "baas van die plaas", slaap natuurlik in Truska se arms, tussen haar en haar man. Baie gelukkig! Dit was een van die beste besluite wat ons geneem het, en ek is net elke dag dankbaar dat hulle nie deur die trauma van 7 maande se kwarantyn moes gaan nie.

As ek weer moes kies, sou ek dit beslis net so gedoen het.

22 Oktober 2008

Ek het laasweek ‘n aaklige week gehad. Ek weet nie eintlik hoekom nie, dit het my soos ‘n hamer tussen die oe geslaan. Ek is so besig om uit te pak en die huis te prober organiseer, met byna niks in nie, dat elke keer as ek iets nuuts koop en aanmekaar slaan (hier koop mens alles plat in bokse, en jy moet self die goed opslaan!), en elke keer dink ek ek moet dit vir my ma wys, en toe tref dit my soos ‘n hamer teen die kop............................! My ma is nie hier om dit voor te wys nie!! En van toe af is dit afdraand. Ek voel net al erger en erger, en ek het verlede Maandag Leon se hemp so natgehuil, dat hy skoon verbaas en verlee was oor my tranedal. En ek weet nie eintlik hoekom ek huil nie, want ek wil nie teruggaan nie, alles is net so anders, mens besef nie hoe ‘n impak dit het nie.

Die hele week was nie baie lekker nie, en ek is moeg gesukkel sonder tuimeldroeer, my eie goed en my eie bed. My lyf is al so seer van die matras, want as een van ons beweeg, dan wip die ander een lekker rond. Dit het my nou sommer heeltmal afgesit van kampeer.

Ons het Sondag saam met ou universiteitsvriende (die mense van ons universiteitsdae, wat net ‘n blok van ons af bly), na hul kerk, Bray Park community Church gegaan. Daar is 3 pastore, 1 is van SA en Afrikaans. Hul preek natuurlik in Engels, maar die helfte van die mense is Afrikaans, en die meeste ander is van Nederland. Daar is ook 'n Nederlandse pastoor wat vandag gepreek het,en ons was baie beindruk met die klein kerkie.

Ek het die hele diens deur gehuil. Na die diens het 'n vrou by kom sit, terwyl my vriendin vir Waldo en haar seuntjie,wat ook 10 is, by die kinderkerk gaan haal het. Hulle is ook Afr, en al 10 jaar in Brisbane, en sy het net so voor ons gesit, en die hele tyd vir haar man gese sy voel so jammer vir my, sy moet net met my kom praat. Sy het my hand styf vasgehou, en vertel van hul wedervaringe, terwyl ek so tussendeur lekker huil. Sy se dat toe hulle gekom het, het hulle eers na 4 maande ander Afrikaanse mense ontmoet, want toe was die Afrikaners nog dun gesaai. Sy se dit gebeur met almal, veral die 1e keer wat mens kerk toe gaan, en almal in die kerk is dit al gewoond. Meestal huil die ander vrouens ook maar so tussendeur. Ons luister na die preek, en as ons opstaan om te sing, dan loop,...... neeeee!!!, stroom die trane teen my wange af, en ek keer dit later nie eers meer nie, want dit help nie. Ek het omtrent myself gedoop in my eie trane vanoggend. Weet nie wat die mense gedink het nie, maar volgende week sit almal seker baie ver van "daardie arme vrou!" af. Ek het nog nooit in my lewe so gehuil nie, en ek keer later nie eers meer die trane nie, dit drup net af en my bloes moes dit maar opvang. Dit was die weirdste gevoel, ek kan dit nie beskryf nie.

Ons vriende het ons saam met hulle huis toe gevat, en vir ons gaan koffie gee (hulle bly net so blok van ons huis af), en ons het op die ou einde daar geeet ook. Sy het my 'n drukkie in die kerk gegee, en haar seuntjie, wat 5 is, het sy ou klein armpie om my skouer gesit om te troos en sy koekie wat hy by die kerk gekry het in my mond gedruk. Sy het blykbaar ook so gehuil, so haar kinders weet hoekom dit gebeur. Leon het ook naderhand rooi oe gehad, en ek dink dis vir hom moeilik om nie soos ek te kan uiting gee aan sy gevoelens nie. Waldo het net vir my gekyk, my 'n drukkie gegee, en nog 'n koekie in my hand gedruk, en al is ons in 'n vreemde land, is daar soveel mense wat omgee. Dit maak dit soveel makliker. Ek weet nie wat ons sou doen sonder hul raad en omgee nie. Glo my, dis nie maklik nie, maar ek is vir geen oomblik spyt nie, Oz is die wonderlikste land om te wees. Ek dink die mense wat die 15 jaar terug gedoen het, het baie swaar gehad, sonder ondersteuning soos ons.

Ek het van gister af sommer net weer na myself gevoel, en dit was goed dat ek kon huil. 'n Ander vrou wat ek ontmoet het, wat al 7 jaar in Oz is, se dit gebeur nog met tye met haar ook. Dis maar iets waarmee ons sal moet leer om saam te leef. Dit is so ‘n groot omwenteling in mens se lewe, dat mens nie besef hoe ‘n groot impak dit op jou het nie. Hulle se vir my dat mens ook later “flashbacks” kry van plekke en paaie waar jy jare laas gery het. Dis asof jou brein begin besef dis plekke wat jy nie meer nodig het om te stoor in jou geheue nie, en met ‘n laaste “flashback” daarvan ontslae raak. Sy se dis die aardigste gevoel, maar almal kry dit, en die dokter het vir haar vertel hoekom dit gebeur. Mens besef nie hoe jou liggaam die verandering verwerk nie. Dis alles onbewustelik.

Maar ek is so trots op myself, ek het al my kar self vol gemaak (en die lorrie vat lekker baie petrol!), en self my inkopies by die “self checkout” punt geboek. Dit is nogal pret, en die hele tyd dink ek net hoe chaos so iets in SA sou wees. Dis ongelooflik om in ‘n Eerste Wereld land te wees, waar alles net werk. Die beste is die “tradies”, of tradesman, met hul lang hare, wat in die pad werk, en so rustig is en hul alies af werk. Die mense hier is so trots op hul werk, of dit nou paaie bou of huise bou is, hulle verdien hulle geld eerlik. En die werkers wat in die pad loop en die vuilgoed tussen die plante uittrek en spuit vir goggas, hul is almal rustig en ontspanne, dit lyk skoon lekker.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts