2 November
Ons container arriveer uiteindelik in Brisbane. In Australie hanteer Whybirds ons container verder, en Bayley Worldwide Removals se taak is afgehandel die dag wanneer die container op die skip gelaai word in Durban. Hulle het dadelik vir ons ‘n e-mail gestuur om ons te laat weet wie ons goed verder hanteer. Ons het toe ook van Whybirds ‘n e-mail ontvang, om te se wat die “tracking” nommer van die container is, en ons kon dit op die internet “track”. Dit gee mens nogal gemoedsrus as jy weet waar jou aardse besittings hulle bevind.
6 November
Die container word deur Whybirds na hul “warehouse geneem.
10 November
Ons container word in Whybirds se “warehouse” uitgepak en deur die kwarantyn beamptes deurgegaan. Ons is baie gelukkig. Daar word geen fout gevind nie, en ons hoef nie te betaal vir enige iets om vernietig of skoongemaak te word nie. Ons moes wel $430 betaal vir die inspeksie in Brisbane. Die bedrag word nie in SA betaal nie, maar wel wanneer jou container hier moet uitgepak word. Indien jy ooit ‘n kwotasie kry vir ‘n container, maak seker wat is i- en uitgesluit.
Die volgende bokse is deur hulle oopgemaak:
Al ons hout boekrakke
Al die bokse wat nie spesifiseer wat daarin is nie
Al die kombuisgoed
Leon se 1 “speaker” wat ‘n houtstaander het
‘n Mat wat ons laat was het voordat ons dit gepak het, wat saam met die visstokke verpak was.
14 November
Ons container word uiteindelik by ons huis afgelaai. Ek was nog nooit so bly om ons eie goed te sien nie. En natuurlik, wat ek die meeste gemis het is my eie bed! Dis regtig nie lekker om op ‘n opblaasmatras te slaap vir 7 weke nie. Ons container het presies 8 weke en 1 dag geneem vandat dit ons huis in SA verlaat het, tot dit by ons huis in Brisbane afgelaai is.
Hier kan julle sien hoe ons container ge"track" is op die internet:
Location Description Date Vessel Voyage
=======================================================================
BRISBANE, QL, AU Empty in Container Yard 11/11/2008
-----------------------------------------------------------------------
BRISBANE, QL, AU Gate Out Full 06/11/2008
BRISBANE, QL, AU Discharge 02/11/2008
SYDNEY, NS, AU Loaded 29/10/2008 MSC MARBELLA 0824
SYDNEY, NS, AU Discharge 23/10/2008
PORT LOUIS, MU Loaded 09/10/2008 MSC AMERICA 657A
PORT LOUIS, MU Discharged 05/10/2008
DURBAN, ZA Loaded 29/09/2008 MSC MAHIMA H839R
DURBAN, ZA Gate In Full 25/09/2008
JOHANNESBURG, ZA Empty to Shipper 17/09/2008
Location Description Date Vessel Voyage
=======================================================================
BRISBANE, QL, AU Empty in Container Yard 11/11/2008
-----------------------------------------------------------------------
BRISBANE, QL, AU Gate Out Full 06/11/2008
BRISBANE, QL, AU Discharge 02/11/2008
SYDNEY, NS, AU Loaded 29/10/2008 MSC MARBELLA 0824
SYDNEY, NS, AU Discharge 23/10/2008
PORT LOUIS, MU Loaded 09/10/2008 MSC AMERICA 657A
PORT LOUIS, MU Discharged 05/10/2008
DURBAN, ZA Loaded 29/09/2008 MSC MAHIMA H839R
DURBAN, ZA Gate In Full 25/09/2008
JOHANNESBURG, ZA Empty to Shipper 17/09/2008
No comments:
Post a Comment