Ons het 'n uitnodiging gekry van een van Leon se nuwe kollegas, Ken. Hy werk saam met Leon, en hulle het sommer van die begin af ge'click". Hulle ry ook soms saam trein, en dit is vir hom lekker om iemand te he om mee te gesels. Ken en sy vrou kom van UK, en is al baie jare in Australie. Hulle is baie gelukkig, en ons het uitgesien na 'n kuier saam met hulle en hul bure.
Die meerderheid mense was van UK, maar daar was ook Ozzies, en ons was 2 gesinne van SA. Die ander gesin is Engels, maar die man is kom van 'n regte boere familie. Ek en sy vrou het heerlik gesels. Hulle is al in Oz van April af, so hulle is al bietjie meer ge"settle" as ons.
Dit was 'n ongelooflike warm dag gewees. Ons het geweet dat Brisbane tropiese weer het, maar die werklikheid is nogal, ..... wel ... warm!!
Die manne het met bier in die hand staan en gesels, en die sweet het teen hul arms afgedrup. Meeste mans se hemde was papnat van die sweet, en ons vrouens het net so erg deurgeloop. Om grimering te dra is net 'n mors van geld, want dit hou nie lank nie.
Die kinders het die hele dag in die swembad baljaar, en dit was vir hulle so lekker in die water. Ek dink nou mis hulle ons groot swembad van SA, alhoewel hulle nog nie een keer daaroor gepraat het nie. Gisteraand het hulle albei vroeg gaan slaap, en hulle was uit soos kerse binne 'n paar minute.
Gister was ook my en Leon se 17e Huweliksherdenking. Ons 1e een in Australie. Dit was 'n heerlike dag gewees, en genadiglik het die reen uitgesak, en 'n koel windjie het deur die huis gewaai, 'n heelrike lafenis na 'n verskriklike warm dag. Die ozzies se dat dit weer opbou, en so warm word dat dit voel of jy nie nog meer kan verdra nie, en dan skielik reen dit, 'n hoogtepunt na al die hitte. Dankie tog daarvoor!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment