Monday, 8 December 2008

My nuwe kat, Miki


Ons “landlord” het besluit ons mag maar ‘n katjie kry, solank ons net die huis laat fumigate vir flooie as ons trek. Ek het dadelik na die "shelters" vir die diere toe gery, om na die katte te gaan kyk. En was ek teleurgesteld. Die katte is so verwaarloos, en van hulle het “cat flu” gehad, en dis iets wat nooit gesond word nie. Een mooi kat het op my skoot geklim, en toe ek ha aftel, toe byt sy my, en toe besluit ek nee, dis nie vir my nie.
My katte was in ‘n puik toestand toe ons hulle vir Truska gegee het, en hierdie katte lyk nie goed nie. En hulle kos ook maar heelwat, so ‘n nuwe katjie gaan beslis ‘n beter opsie wees. Leon het gese ek moet vir my ‘n kat soek wat ek graag wil he, en so kom ek toe af op ‘n Tonkinese. Toe ons Kiara, een van ons vorige Burmese kattte, gekoop het, het die mense ook tonkinese gehad, en ons wou eerder so een vat, toe het hulle net mannetjies gehad, so nou kry ons uiteindelik een. Hulle is pragtig, en die een wat ek kry is Lilac Mink.
Miki het van Saterdagaand af die hele tyd gemiaau. Ons het niks geslaap nie. Sy le op my maag, en as ek ophou om haar ore te vryf, begin sy weer van vooraf, en so gaan dit nou al vir 3 dae. Sy het ook begin nies en haar neusie begin loop, so Maandag oggend vroeg het ek haar veearts toe gevat, en sy het toe “cat flu”, al het sy ‘n paar dae voor ons haar gekry het haar 2de inspuiting gekry. Sy is op antibiotika en salf vir haar ogies wat ook traan en ontsteek is, so vandag lyk sy al beter. Was so bang sy gaan ook dood. Die “breeder’ het gese sy sal vir my geld gee vir die vet, want sy het dieselfde aand begin siek word. Ons vermoed dat dit miskien die ver ry in die warm kar met die “aircon” was wat haar siek gemaak het. Hulle word so veilig en warm in die huis gehou, en as hul dan uitgaan, is dit dalk maar ‘n skok vir die liggaampie.

Sy speel darem met my, en geniet die rondhol in die kamer, maar dan word sy moeg en gaan klim onder die komberse op die bed, net soos Purdey altyd gedoen het, en daar le sy tot ek weer in die kamer kom. Die veearts se dit sal so 7 dae vat vir haar om beter te wees, en 2 weke voor sy heeltemal gesond is, so haar aanpassing gaan nou heelwat langer vat. Maar as sy so op my bors le en met haar blou ogies in myne kyk, dan is ek sommer lief vir haar, en sy weet natuurlik wie is haar ma. Ek is die een wat maar alles vir haar doen, en hulle weet dit ook. En sy purr soos ‘n trok, so sy is ten minste happy as ek so met haar speel. Sy skuur omtrent die vel van my enkels af, en sy is die eerste katjie wat so jonk al skuur. Wys maar net hoe verskil elkeen se persoonlikheid. Sy gee ook nie om dat ek haar vasdruk en soen nie, so sy gaan ‘n regte ou vryer wees.
Ons katjie het 4 weke gevat om gesond te word, en ek het haar so jammer gekry as haar neusie toe is en sy kan niks ruik nie. Maar sy is nou 'n regte katjie, vol avontuur en nuuskierig, net soos sy moet wees. Ons geniet haar verskriklik baie, en elke keer as ek haar so sien hardloop en speel, mis ek my ander 3 katte verskriklik. Maar sy het nou weer 'n plekkie wat leeg was in my hart vol gemaak, en ons is nou weer gelukkig om 'n dier in ons huis te kan he.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts