Monday, 8 December 2008

Montville






Ons het een Sondag saam met vriende Montville toe gegaan. Dit is seker so 80 minute se ry Noord van Brisbane. Dit is die mooiste plek, met die mooiste plante, bome en blomme, en dit is ongelooflik rustig. Die kinders het dit verskriklik geniet, en ons was nie baie lus om terug te ry huis toe nie. Dit is so mooi daar gewees. Die Suid-Afrikaners noem dit die Pelgrimsrus van Australie, en ons het toevallig op ‘n klom tannies met hul mooi rokkies afgekom, en hul was so vriendelik. Weet net nie hoe hulle dit kon uithou in die warm weer nie. Dis die rokke wat met wye hoepels uitstaan, met hul sambrele, seker soos die mense in die Kaap in die begin aangetrek het.





Ons het onder die grootste mooiste bome gesit en eet, en iets wat ons nogal opval hier in Australie, is die stilte. Oral waar mens gaan, is dit hierdie rustige stiltes. Jy hoor letterlik die wind waai en die bome se geritsel.



Posted by Picasa

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts