Tuesday, 9 December 2008

Ons "explore" Australie

Ons was 'n rukkie gelede by “Old Petrie Town” se museum. Dit kon net sowel die Voortrekkermuseum met al die ou voortrekkergoed gewees het. Die huisie waarin die eerste ozzies gebly het, lyk net soos die vortrekkerhuise, dieselfde beddens, en skottels, speelgoed en huisware, dit het gevoel of ons in SA in ‘n museum is. Dieselfde kinder speelgoed en poppe, dit was asof mens weer tuis is. Almal se dat Australie so dieselfde is as SA, en ook so verskillend. Ons het nou definitief dieselfde gesien en ervaar.

Ek het fotos uit die kar geneem op pad na Emundi, want dis so mooi groen, en oral is daar "creeks" met water en bruggies waaroor mens ry. Dis regtig 'n mooi wereld hierdie, veral na die baie reen.






Ons was verlede naweek Emundi”market” gewees. Leon se nogal dis ‘n ordentlike mark, nie vol Chinese goed soos wat ons gewoond is nie. Maar dit was so warm, dis ongelooflik. Mens wil die hele tyd water drink, en dit voel asof jy in ‘n oond loop. Daar is die mooiste bome waaronder baie van die stalletjies staan, maar sonder ‘n luggie wat trek, voel dit of mens nie kan asem haal nie. Maar dit was baie interessant. Ons het ook hierdie Ozzie met die veer in die hoed raakgeloop. Hy het ongelooflik mooi daardie klavier bespeel. Dit klink soos die klaviere wat altyd in die cowboy flieks in die kroeg bespeel is, maar ek kon nie glo hoe suiwer die klanke uit daardie klavier gekom het nie.


Daarna is ons na die Gemmer fabriek toe, en daar het ons die lekkerste bak chips vir middagete geeet, met die lekkerste sous, vir $4. Te lekker! Toe is ons van binne ok warm, maar die magies was vol gewees. Ons het ook daar ‘n bottel gemmer “drink” gekoop. Jy maak dit aan met lemonade, en dit is so lekker, dit proe net soos die gemmerbier wat ons altyd gemaak het vir Kersfees, en het nie so byt in nie. Mens koop die oulikst gemmermannetjie koekies daar, en vars gemmer en souse, als wat jy aan kan dink, wat gemmer in het. Ons is nou nie gemmer “fanatics” nie, so ons het maar gehou by die koeldrank, maar dit is so mooi daar, die mooiste bome en tuine. Ek het foto’s geneem op pad soontoe, sodat almal kan sien hoe mooi is die snelwee. Geen geboue en fabrieke, net bome, en nog bome waar jy kyk

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts