Friday, 12 December 2008

'n Boelie word vasgevat

Gister toe Waldo na skool in die kar klim, toe loop die trane. Ek sien sommer sy hartjie is baie seer. Uiteindelik is hy rustig en se dat een van die seuntjies sy nuwe maatjie Chloe (ja, glo dit, hy het 'n dogterjie maatjie!), sergemaak het. Sy het 'n "handstand" gedoen, toe loop die outjie verby en "trip" haar. Sy was baie ongelukkig, en Waldo het dit op hom geneem om vir die outjie te gaan se om nie 'n dogtertjie seer te maak nie.

Om Waldo te verstaan moet ek vertel dat hy 'n regte "carer" is. Van kleuterskooldae af is hy die een wat die nuwes vertroos, die wat seerkry troos en mee speel, en sommer net omgee vir ander.

Toe Waldo by die outjie kom, toe staan hy met sy rug na Waldo. Toe Waldo vir hom se dat hy nie weer 'n dogtertjie moet seermaak nie, veral vir Chloe, toe draai hy om en gee Waldo 'n "potshot" op die wang. En my kind is soooo ongelukkig.

Ek het maar probeer troos sover ek kan, maar hy het gese sy maatjies het gesien wat gebeur, en hulle het dadelik vir sy klasjuffrou gaan se, en die outjie gaan nou in die moeilikheid kom.

Ek kry netnou 'n oproep van Waldo se juffrou, sy wil weet hoe gaan dit vandag met hom. Sy se toe dat die kind en sy ouers so 'n rukkie gelede by die hoof was, en dat die kind 'n baie ernstige waarskuwing gekry het. Sulke gedrag word nie geduld nie. Volgende keer mag hy gevra word om die skool te verlaat. Die ouers dring daarop aan om vir ons 'n verskoningsbrief te skryf, en die outjie moet ook vir Waldo 'n brief skryf en verskoning vra.

Waldo se juffrou is baie bekommerd. Sy se dat sy hom so jammer gekry het, want ons bring ons kinders na 'n nuwe land om veilig te wees, en hier word hy op die skoolterrein geslaan. Ek is seker dit is ook wat vir die ander kind se ouers gese is, en daarom wil hul vir ons 'n brief as verskoning skryf.

Dit is een ding van Australie, dit is nie die paradys nie, maar as daar "crime" is, word die skuldiges gesoek en vasgetrek. Ek dink hierdie outjie het baie groot geskrik, en sal nie sommer weer sy vuiste bal vir 'n ander kind nie.

Australie .......... hierdie is die land vir ons!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts