Alles hieronder was by een huis gewees. Kyk net die mooi Kersvader se baard.
Op 'n tafel is al die sagte speelgoed van kersfees wat hulle oor jare versamel het.
Kersvader en vroutjie verwelkom jou by die deur.

Ons het gisteraand ons Kerssangdiens by die kerk gehad, en wat ‘n vrolike spulletjie was dit nie gewees nie. Die mans het 5 uur begin “sausages” braai, Leon en 'n ander Afrikaner, elkeen met ‘n voorskoot aan, en ‘n Ozzie outjie die uie, en almal het buite gekuier en geeet voor die diens 6:30 begin het. Net voor ons in die kerk ingegaan het, het ons nog sjokoladekoek ook gekry, die lekkerste koek wat ek nog gehad het. Ek hou mos nie baie van sjokoladekoek nie, maar dit was so klam en donker, en was baie lekker.
Die kinders het in die paadjies rondgedans en hulle nagliggies rondgeswaai, terwyl ons “Jingle Bells” en allerhande ligte kersliedjies gesing. Later het Joe (die Afrikaanse ds), meer ernstige goed begin sing, en hulle het ‘n oulike DVD oor die verskille tussen Kersvader en Jesus vir die kinders gewys. Daar was ook opvoerings gewees, en ons het lekker gelag. Toe ons “Silent night” sing het Waldo gese dit klink vreemd, want hy is gewoond ons sing dit in Afrikaans. Dit was nou regtig lekker gewees. As ek dink hoe hoe ons kerk in SA se kinderkoor en die kerkkoor altyd baklei het as ander professionele mense optree, en hul dan kamstig nie goed genoeg is nie, het ek die spulletjie gisteraand so bekyk en besef hierdie mense het nie “hang ups” nie. Daar is mense wat ongelooflik mooi sing, en dit was ongelooflik mooi, en elkeen gun mekaar sy wondelrike talente.

Agter ons het ‘n ry Afrikaanse tieners gesit, en hulle het kliphard die lawwe kersliedjies saamgesing, en later nogal luidrugtig geword, en Leon het sommer vir hulle gese hulle moet rustig raak. En kort-kort klap ons hande vir die ouens wat solo sing en die groepies wat opvoerings doen, en almal het dit geniet. Dit was nou ‘n vrolike Kerssangdiens, en almal het saamgesing en dit geniet.
Maar dit was nie net vrolik nie, ons het weereens die belangrike boodskap van Kerfeees gehoor, en soos altyd het dit weer van vooraf 'n knop in die keel gebring. Wat 'n wonderlike Kerssangdiens, vol vreugde en entoesiasme! Ons eerste in Oz!
Na kerk het ons tussen die huise deurgery en na al die kersliggies gekyk waarmee die mense hul huise versier. Dis ongelooflik mooi, en voel regtig soos Kersfees. Ek onthou as kind het ons altyd in Johannesburg en Germiston se strate gery om na die kersliggies te kyk. Maar dit het ook soos baie ander dinge deurgeloop onder "crime" en wat nog alles. Dan besef ek hoeveel het ons mooie Suid-Afrika verloor, en is ek dankbaar om weer vir my kinders 'n kykie te gee van hoe ons Kersfees as kinders ervaar het, al is ons nou in 'n ander land.
No comments:
Post a Comment