


Na die tyd kon ons haar streel, en haar haartjies is so sag en wollerig. Heerlik sag. Wie wil nou nie so oulike dingetjie vashou nie?
Die koala “sanctuary” was ‘n belewenis. Die koala is so sag en wollerig, maar is verskriklik lui. Hulle slaap 90 % van die dag. Al wanneer hulle aktief is, is wanneer hulle na die kos toe loop. Maar ek is so bly ek het uiteindelik een van naby gesien en vasgehou. Die kangaroe’s was net so oulik. Hulle het sulke gevoelvolle ogies, en die een wat haar neus teen myne kom druk het en vir nog kos wou vra, het so diep in my oe gestaar. En hulle pels is ook lekker sag, want mens kon hulle vryf en streel, en die ogies gaan toe van lekkerte. Die oulikste was die ma en die “joey” wat uit haar sak geloer het. Hy het later uitgeklim, en toe sien mens die sak oopgerek van naby. Dit was nogal vreemd.



Leon en die kinders het die meeste van die kangaroe’s gehou, en ek van die koalas. Hulle sit ook sommer in oop hokke, net ‘n middelhoogte muur, en hul kan seker oorklim, maar ek dink hul is te lui om dit te doen. Daar was ‘n “retirement home”, waar al die ouer as 13 jaar sit en slaap, dan ‘n kleuterskool vir die babatjies wat 1 – 2 jaar oud is, en dan die “bachelors”, die jong dames en die jong manne waarmee hulle teel. En dan is daar hulle geluide, dit klink vreeslik, so ‘n brul, snork, skreeugeluid, dit pas glad nie by mens se idée van “lovable” koalas nie.
No comments:
Post a Comment