Saturday, 27 December 2008

Glass House Mountains







Ons het vandag die Glass House Mountains besoek. Dit is 'n reeks berge wat soos
naalde uit die grond uit "toring". Dis regtig baie mooi om te sien. Daar was 'n kort roete na 'n uitkykpunt waarheen ons gestap het. Ons kon ook heerlik piekniek hou. Daar is geen asblikke nie, jy moet al jou vuilgoed saamvat huistoe. Dit was baie skoon, en die mense hou regtig by die reels. Dis baie ongerep, en die piekniekplek word glad nie gekommersialiseer nie, jy eet tussen die goggas en bosse. Ons het ook 'n "monitor" gesien. Dit is soos 'n "lizard", en hulle kan blykbaar baie seer byt en jou aan stukke krap met hul lang naels.
Die sonbesies het oorverdowend geskreeu, en dit was heerlik om in die kar te klim en die ore bietjie rus te gee. Iets wat ons opval in Australie is die ongereptheid van die natuur. Alles word so min as moontlik versteur.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts