Biltong is iets waarsonder ‘n Suid-Afrikaner nie kan klaarkom nie! Dis nou maar wors!! Leon het in Suid-Afrika droëwors by die kilo gekoop, en wanneer hy laatnag sit en “proposals” skryf of “review”, het hy dit by die meters geeet om wakker te bly, so ons is al baie lus vir biltong. Droëwors is nie my “favourite” nie, maar ek kan nou plan maak vir biltong.
Nou ons is nie mense wat baie lief is vir goete bou en maak nie, so om ‘n biltongkas te maak, gaan nie vir ons werk nie. Ek loop nou die dag by Myer in, nie omdat ek wou nie, maar omdat iemand gese het hulle verkoop “Food dehydrators”, waarmee jy kan biltong maak. Nou Myer is baie duur, so daar gaan ek nie in nie, maar die nood druk, en plan moet ek maak, so ek stap daar in en sien toe die einste “dehydrator” waarvan die vrou gepraat het. Dit is eindelik vir vrugte en groente en ook kruie droog, maar heel laaste op die lysie wat se wat jy daarmee als kan doen, staan daar ook jy kan vleis droog. Net wat ek soek. Net daar besluit ek dis die ideale Kersgeskenk vir Leon, en koop dit vir hom. Ek weet dat hy so angstig gaan wees om biltong te maak, dat hy nie tot na Kersfees sal wag om kruie in die hande te kry nie, so by goeie ou “Springbokfoods”, bestel ek die pakkie biltong speserye, klaar gemeng.
Al wat nodig is is ‘n bottel bruin asyn en Soya sous, wat ek maklik kan kry.
Ons hou toe so lekker kort vakansie, dat ons vergeet van die biltong, maar gister toe ek weer op my eie gaan kos koop, sien ek die pakkies dun skyfies steak, en besluit, dis nou my kans, nou gaan ek maar Leon se kersgeskenk in gebruik neem. Ek het die speserye gemeng met die asyn en soya sous, dit oornag in die yskas laat week, en vanoggend voor ek nog tande geborsel het, dit in die “dehydrator” gepak. En nou staan dit op die kas en maak geraas. Die boekie verseker my 5 ure, dan is my biltong reg vir eet. Ek sit hier en skryf op my blog, met die reuk van biltong in my neus, en ek kan nie wag nie! Na 3 maande, 2 weke en 1 dag in Australie, gaan ons weer biltong eet. Ek is seker dat wanneer dit afgekoel en droog is, dit binne ‘n uur nie meer gaan wees nie, net in ons “tastebuds” en groot dors onthou gaan word.

No comments:
Post a Comment