
En ons het amper vuisgeslaan om dit te eet. Ek is hartseer om te se dat dit al is wat oor is. Toe Leon gisteraand by die huis instap, het ek skaars 'n soen gekry, al wat hy wou weet was "waar is die biltong?" En het hy weggele!!! Julle sien mos dis omtrent net krummels wat oor is!
Later het 'n vriendin vir ons regte, egte boerewors gebring, wat hulle iewers in Brisbane by 'n slagter koop. Hulle koop sakke vol, en ry by al die vriende om en vra wie wil hoeveel he. So het ons uiteindelik na 3 maande ons eie "vacuumpack" sakkie wors in die vrieskas. Ons het sommer 3 pakkies gevat. As ons 'n groter vrieskas gehad het, was dit seker nou vol wors gewees.
Sy wou natuurlik ook die biltong proe, en daardie veraf, lekker kyk in die oe toe sy die eerste happie afsluk, het vir my gese dis ok, ons kan dit maar weer maak. Ons "tastebuds" dink nie net dis lekker omdat ons dit so lanklaas gehad het nie, dit is regtig lekker. Dis nou wel nie die lekker dik stuk biltong wat gekerf moet word nie, maar glo my, dit proe dieselfde, en stil die honger na biltong. More gaan ek weer vleis koop!!!
No comments:
Post a Comment