As kind het ons 1 keer saam met vriende gaan kamp, en dit het die hele naweek gereen, en net daar het ek besluit dit is nie vir my nie. Alles is vol modder, die hele tent is vol modder, almal is nat en koud, en ons sit in ‘n klein tentjie en kyk vir mekaar deur nat haarslierte en bibber en sidder vir die weer. Nee, dit is nie vir my nie!!
Vandat ons in Australie is, het ons agtergekom, die mense hier is baie groot kampeerders. En aangesien ons nou weer arm is soos in die beginjare, sal ons nie in styl en gemak in ‘n chalet kan vakansie hou nie, ons sal maar moet gaan vir die goedkoop opsie. Omdat ons vir ons opblaasmatrasse moes koop om die eerste 8 weke in ons nuwe huis te kampeer, het Leon besluit dat ons nou klaar al begin het om voorraad op te bou vir die groot ..........Kamp!!!
Vandag het baie oulike nuwe vriende van ons, ons na 3 kampeerplekke toe gevat om vir ons raad te gee oor watter tent, en wat die ander dinge is wat ons nodig het vir ‘n eerste kamp. Natuurlik is die tent wat ons wil koop, toe uit voorraad, maar hulle kon dit opspoor by ‘n ander “Anaconda”-tak, so nou wag ons tot dit by Morayfield se winkel afgelewer word, en dan gaan haal ons ons nuwe tent. Gelukkig vvir ons hou al die winkels na kersfees hulle groot uitverkopings, so ons kon ‘n paar “bargains” kry.
En te danke aan goeie vriende het ons nou al die “necessities” om op ons 1e kamp te gaan. Dit is wat ons alreeds het:
Opblaasmatrasse
En wat ons vandag gaan koop het:

Tent
Gasstofie vir kook met ekstra “canisters”
Kampeertafel
“Tarp”
Ketel
Pan
“Ice jelpacks” wat vir 3 dae gevries bly in ‘n esky (dis nou die naam vir ‘n coollerboks in Australie!) – dit moet die kos koud hou, yskassies is onbekostigbaar!
Herlaaibare lampie (net 1, weet nie hoe ons in die donker mooi gaan sien met 1 lig nie! ... moet geld spaar vir nog!!)
Wat ons nog kort:
Eetgerei en borde en bekers
Baie, baie ander mooi goed wat ek vandag gesien het, om ons lewe van kamp baie, baie gerieflik te maak.
Nou wag ons net vir die hitte om bietjie te wyk, en dan gaan ons op ons 1e kamp ekspedisie. Dit kan net prêt wees, veral die tent opslaan. Ons sal maar sorg dat ons saam met vriende gaan, sodat hulle ons groentjies kan leer.
No comments:
Post a Comment