





Ons het vanoggend besluit om vandag na Mt Coot-tha toe te ry, en Brisbane vanaf die hoogte te bekyk. Dit was bietjie onweer gewees, so ons kon nie regtig die see mooi sien nie, maar dit is ‘n ongelooflike uitsig vanaf die berg gewees.
Ons was ook by die botaniese tuin, en hierdie varings was uitsonderlik:


Daar was ook baie kruie en plante van RSA, en hierdie was vir my die mooiste gewees:


No comments:
Post a Comment