Thursday, 1 January 2009

Ons kuier in die Gold Coast

Ons is uitgenooi na ‘n Potjiekos ete by Johan en Mirna wat in die Gold Coast bly. Ons het so uitgesien om hulle te ontmoet, want dit is maar nie dieselfde as om op Facebook of met e-mails te gesels nie.



Ons het vroeg die oggend van ons huis in die Noorde van Brisbane Gold Coast toe vertrek, ‘n volle 101 km tot by hulle huis. Die pad wat ongelooflik besig, wat kan jy anders verwag vir ‘n Desember? Almal kom hou mos vakansie in die Gold Coast! Dit was ongelooflik warm, maar ons het heerlik gekuier, en vera Alrich was bly dat hy nie weer die hele dag saam met kinders van 10 en jonger hoef te “gespeel” het nie. Hy het die tienergeselskap geniet.


Mirna en Johan het die mooiste voels wat daagliks by hulle huis gevoer word, en ek kon so bietjie my nuwe kamera uittoets. Die lorekiete en die Kookaboora is darem ongelooflike mooi voels.


Die Kookaburra



Die volgende is wat Wikipedia van hulle se:


Kookaburras are large to very large (total length 28-42 cm/11-17 in) terrestrial kingfishers native to Australia and New Guinea.


Kookaburras are best known for their unmistakable call, which is uncannily like loud, echoing human laughter — good-natured, if rather hysterical, merriment in the case of the well-known Laughing Kookaburra. They are generally not closely associated with water, and can be found in habitats ranging from humid forest to arid savanna, but also in suburban and residential areas near running water and where food can be searched for easily.


Lorekiete



Wikipedia se die volgende van hierdie ongelooflike mooi voels.


Lories and lorikeets are small to medium-sized arboreal parrots which compose the subfamily Loriinae. They are widely distributed throughout the Australasian region, including south-eastern Asia, Polynesia, Papua New Guinea and Australia, and the majority have very brightly colored plumage.


Na 'n heerlike ete en 'n bietjie afkoel in die "aircon huis", het Mirna en Johan en hul kinders saam met ons gery om vir ons die strande van die Gold Coast te gaan wys. Ons was nog nooit daar nie, en ek wou dit verskriklik graag sien. Hulle het ons na “The Spit” toe geneem, vanwaar ons “Surfers Paradise” in die verte kon sien. Dit was ‘n ongelooflike mooi prentjie. Ons kon die donkerblou wolke wat reen voorspel sien, en ‘n pragtige reenboog het oor die see gehang. Ons kon ook vandaar Currumbin sien, en alhoewel dit baie dynserig was, kon ons ook Coolangatta sien. Dit was ‘n ongelooflike mooi prentjie gewees.



Die weer steek op


Surfers Paradise in die verte

Van “The Spit” het ons na “Surfers Paradise” gery om die verkeer te mis, maar dit het ons steeds meer as ‘n halfuur geneem om weer terug op die snelweg te kom om huis toe te gaan. Dit was ‘n heerlike uitstappie, en ek sal graag baie meer tyd in die “Gold Coast” en op die mooi strande wou deurbring.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts