Ongelooflik hoe die tyd verbygaan. Verlede jaar die tyd was ek en Leon altwee 'n bol senuwees, met die wete dat ons baie mense se lewens gaan omver gooi, mense kwaad en hartseer maak, en dit ter will van ons self. Waar moet mens dinge vir jou self begin doen, en nie meer die familie en vriende in ag neem nie? Glo my, die nie 'n maklike besluit nie. Hoe vertel jy vir jou familie dat jy uit hulle lewe gaan stap, om hulle dalk nooit weer te sien nie? Ons het nagte le en rondrol, en soms was die innerlike wroeging en konflik so erg, dat ons selfs nie met mekaar daaroor kon praat nie. Ons moes dit eers met onsself, en met God uitmaak, voor ons openlik daaroor kon begin praat. Wat ek baie goed onthou is hoe baie ek sommer net uitgebars het in trane, en teen Leon se bors al my hartseer, woede en stres uitgesnik het, net om dan weer met nuwe emosies gekonfronteer te word. Maar hoe sekerder ons geword het van ons besluit, hoe meer het ons uitgesien na 'n nuwe lewe.
Ons het van die begin af die 2 seuns in al ons besluite laat deel. Met hulle gesels oor die voor- en nadele, en hulle het van dag 1 af breed geglimlag en gevra" Nou wanneer gaan ons?"
Sommer net so!!! Geen "issues" en "hang ups" oor wie agterbly en hoe min geld ons gaan he daar anderkant nie, nee, net "wanneer gaan ons?" Ek dink vir hulle was die ergste die lang wag en om te sien hoe hul ma gedurig in trane is, en nag en dag voor die rekenaar sit en navorsing doen oor emigrasie en Australie. Glo my, hierdie ma doen niks onvoorbereid nie, en ons het geweet hoe meer ons weet, hoe meer sal ons sielkundig reg wees. En elke dag het ek hulle nog iets nuus vertel wat ek op die forum gelees het, of wat ek uitgevind het van Australie.
Nooit sal ek vergeet hoe groot die vreugde was die dag toe Leon sy finale vorms geteken en ingestuur het vir sy "Skills Assessment" by die "Australia Computer Society nie".
Dit was 'n ongelooflike gevoel om sy RPL dokumente te "check", en alles in volgorde te kry om vir ons agent te gaan ingee, om weg te stuur na Australie. En die Here was goed vir ons, binne net 3 weke vandat dit ontvang is in Oz, is sy "assessment" gedoen, en ons het 10 dae later die brief gekry wat se dat hy positief is, sy "skills" is reg vir Oz. Wat 'n prestasie vir ons gesin!
Nou, 5 maande in Australie, kyk ons terug met heimwee na die land en mense wat ons moes agterlaat, maar ons kyk met passie vorentoe, na die nuwe kans wat ons gekry het, en ons gryp elke oomblik aan met ope hande en met 'n stil, rustige gemoed, en weet:
Dit was 'n "awesome journey", en was alles die moeite werd.
Ons kinders is gelukkig, en ons oorkom elke dag nuwe uitdagings, maar dis die lewe wat ons gekies het vir onsself en ons kinders.
Brisbane, jou lekker plek!!
Geneem vanuit die Citikat, oo ons toer deur die stad
'n Foto van Brisbane vanaf Mt Coot-tha
en Brisbane se bekende kronkelende rivier, wat die stad in 2 deel, Noord en Suid.
2 comments:
Ek sien die diefwering by die skuifdeur in die agtergrond op die foto waar jou man sit, en dadelik besef mens hoekom jy die hele proses aangepak het, ne!
Ons is ook nou 5 maande in Australië, en het amper dieselfde as julle deurgegaan.
Dit was, tot dusver, in my opinie, beslis die moeite werd.
Deur en deur, ons was nog nie 'n dag spyt dat ons hierdie besluit geneem het nie.
Post a Comment