Gisteroggend in die kerk het ons 'n DVD gekyk van die verskriklike brande wat dorpe platgevee het, en baie mense se lewens gekos het.
Ek kyk TV, en terwyl die mense wat gelukkig was om te oorleef, hul stories vertel, loop die trane. Die pyn van daardie mense, die trauma wat hulle beleef het, is iets wat ek nie myself kan indink nie. Dit is “devastating” om te dink dat jy net met die klere aan jou lyf kon ontsnap van ‘n vlamme muur. Die gesiggies van die kinders, is iets wat ek vir altyd sal onthou. Een mamma het met haar 2 kinders onder ‘n seil, tussen 2 watertenks geskuil, vuil, modder en roetbesmeer, met die reen wat op hulle neerval. En sy sing vir haar kindertjies “Jack ‘n Jill went up the hill to fetch a pile of water”. Dit is hartverskeurend!!!!! Daardie vrou verdien ‘n medalje omdat sy so braaf is, en haar kinders se aandag probeer aflei van die verskriklike trauma wat hul beleef het.


In hierdie foto is daar ‘n 737 vliegtuig, net nadat dit opgestyg het vanaf Melbourne lughawe.


Hazelwood kragstasie is in die voorgrond.




Hoe herbou jy ‘n lewe met niks? Ek kan net bid vir hierdie mense. Nie alleen moet hul die trauma verwerk nie, maar positief bly ter wille van hul kinders. En hoe maak jy vrede met die dood van vriende en familie, wat so ‘n sinnelose dood gesterf het?
No comments:
Post a Comment