Friday, 13 February 2009

Montville





Elke keer wat ons op die Bruce Highway ry, dan sien ek goeters wat ek wil afneem, om vir almal in Suid-Afrika te kan wys. Een van die interessante dinge is die "sound barriers" wat langs die snelweg opgerig word, om die geraas van die snelweg minder te maak naby residensiele gebiede. Wat so interessant is, is dat baie van hierdie "barriers" kleurvol geverf is, met oulike "tekeninge" daarop, om dit darem mooi te maak vir die wat verbyry. In die begin was dit vir ons vreemd om al die "barriers" te sien, want so iets is nie in Suid-Afrika nie, as jy langs die snelweg bly, ..... boeta, dan bars jy van die geraas, en dis jou eie stupidgeit omdat jy gekies het om daar vir jou 'n huis te bou. Hier in Australie werk dit anders.







Die "barrier" langs die brug is ook mooi geverf, met strepe en mooi goeters daarop.







Die vorige keer toe ons Montville toe gegaan het, het ek my so verkyk aan die natuurskoon, en besluit hierdie keer gaan ek dit afneem. Ek moet net vir almal by die huis wys hoe ongelooflik die natuurskoon is. Om by Montville uit te kom, ry jy berg op, en die paadjie is nou en sommer so plaserig. Dit vat mooi "manouvre" as daar 'n kar van voor kom om op die pad te bly.







Die uitsig vanaf die "deck" by 'n oulike eetplek, waar ons ontbyt geeet het. Vir die 4 van ons was dit 'n ronde $70. As jy dit met 7 maal, is jy nogal geskok!!! In Suid-Afrika het ek en Leon gereeld so elke 2de week ''n ordentlike boere ontbyt gaan eet by "Mugg and Bean", en dan het dit ons R70 gekos. Ek moet se, een van die dinge wat ek mis is "Mugg and Bean". Wens hulle wil hier 'n "franchise" kom oopmaak. Hulle het dit in London gedoen, ek dink dis tyd om dit in Australie te kom doen! En asseblief eerste in Brisbane!!



Definitief 'n plaashuis. Sou nie omgee om daar te bly nie. Dis so rustig, groen en ongelooflik mooi!



Regs van die plaashuis is die heuwels



Die berge in die verte





In Montville loop mens oor die bruggie, met die paadjie daaronder. Leon en Waldo het belsuit dit is die pad waar ons nou gaan ry.





...... en Leon kry weer kans vir "boendoe bashing"





Ons het met 'n ander pad teruggery, en op pad by 'n wynplaas gestop. Ons het die heerlikste wit- en rooiwyn gekoop. Nou kyk, ek drink nie eintlik alkohol nie, as ek iets drink moet dit darem lekker wees! Maar daardie witwyn is lekker!! Soet.... dis hoekom ons dit gekoop het, proe amper soos koeldrank ...... nes ek daarvan hou.









'n Huisie in die berge







Elke keer as ons van so 'n uitstappie huistoe gaan, besef ek hoe ongelooflik hierdie land is. Ek sien so uit na al die "exploring" wat ons nog gaan doen.



Die groot rede hoekom ons weer Montville toe is, is om vir ons kat, Miki, 'n maatjie te gaan soek. Ons het na 2 breeders toe gegaan, die een op pad huis toe van Montville af, in die Glass House Mountains. Maar toe ek daar instap toe weet ek: hier moet ek nie ‘n kat koop nie”.



Sy het 4 hokke met elkeen ‘n ma met kleintjies in, en nog ‘n hok met ‘n ma wat die vorige nag babatjies gekry het. En oral loop nog katte rond. Sy het ook vir ons ‘n kleintjie in die arms gedruk, wat 12 weke oud is en nog nie ‘n huis het nie. Sy het doodstil gele, en nie soos ‘n katjie gespeel en lewendige ogies gehad nie, so ek het net vir Leon my kop geskud. Sy het vir ons die mannetjies gaan wys, wat buite in hokke aangehou word, en nog 3 of 4 dragtige wyfies, en toe ek haar vra hoeveel wyfies daar is waarmee sy teel, toe se sy 12. En daar is omtrent 4 mannetjies. Die hokke is nie skoon nie, en as mens die katte vryf, dan val al hulle hare uit in bondels, so ons het net gese ons sal haar laat weet. Dis die eerste keer wat ek ‘n teler sien waarteen die kat “societies” mens waarsku. En die kleintjies se ogies is watering en loperig, en selfs die wyfies lyk nie te goed nie.

Ons is toe later na ‘n ander teler toe in Kallangur, om die hoek van ons. Siratsa Burmese is die telery se naam, en dis ‘n man wat met hulle teel. Die huis was silwerskoon, en hy het sy garage omskep in hokke waarin die katte is met hul kleintjies. Hy het ook Bengals (lyk soos regte tiere en is verskriklik mooi en duur), en daar was 1 bengal ma met kleintjies en die lilac Burmese met haar kleintjies. Daar was nog ‘n hok met 2 ander Burmese wyfies, maar die hokke is skoon, en dis op houtvloere in die garage!! En daar is nie eers die reuk van ‘n kat in die garage of huis nie. Hy het die babatjie uitgehaal, en in die sitkamer op die mat gesit, met speelgoed om haar, sodat ek met haar kan speel. Sy is so klein, net 5.5 weke oud, en skaars groter as ‘n groot muis. Maar as ek haar ruggie agter op haar boud krap, dan val sy plat op haar voorpotjies met die boude in die lug van die lekkerte. Sy het naderhand balletjies bekruip, en die ogies is so lewendig. Mens kan sommer die verskil sien van die ander teler se verwaarloosde katte. Sy is ‘n chocolate Burmese.


Jason (die teler) het gese ons moet vir haar ‘n naam kies, dan begin hulle haar op die naam noem, dan ken sy haar naam as ons haar oor 4 weke kan kry. Ek het gese ons sal haar Misty noem.



Hy stuur nou elke week vir my ‘n foto van haar, en ons kan ook vir haar gaan kuier tot ons haar kan huistoe bring op 10 weke.





No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts