Thursday, 12 February 2009

Die 856 ENS visa

Vandat ons gehoor het dat die 175 Skilled Migration visa aan die onderpunt van die leer is, het ons begin “worry” oor wanneer ons ooit eendag ons PR visa gaan kry. Ek dink nie mens kan rustig en “relaxed” wees, terwyl jy wag dat vreemdelinge oor jou lot moet beslis nie. Ek weet ons sal dit kry, al ons dokumente is 100 % reg, dis net die medies wat gedoen moet word, maar die wanneer is die groot vraag.

En ons word nou moeg vir die klein huurhuisie, ons wil so graag ons eie huis koop. Al is dit ook klein, sal dit ons s’n wees!! Ek wil so graag al my skilderye en fotos uithaal, en al ons kinders se fotos teen die mure uitstal. Ek het vandat hulle gebore is, die mooiste fotos laat raam, en soos hul groot word, het die muur vol geraak, en ons het nou letterlik hordes fotos in rame wat wag om uitgestal te word. Voor ons weg is uit SA, het my ma vir my my “erfstuk” gegee, en ek wil dit so graag teen ‘n muur hang om elke dag te onthou dit was hare gewees. My pa het baie jare gelede vir haar die mooiste skildery gekoop, en ek het altyd gese ek wil dit eendag he. Daardie eendag het baie gouer gekom as wat ons gedink het, en dit was ‘n verskriklike emosionele dag toe ek my skildery by my ma moes gaan haal. Daar is soveel sulke moeilike emosionele oomblikke, wat mens kort-kort onthou om weer die trane te laat loop. Dit is nie maklik om jou ouers te groet nie.

Maar ek dwaal alweer af.

Ek het begin navorsing doen, en besef dat as Leon se werkgewer hom kan sponsor vir PR, dan kan ons binne 2 weke ons PR he. Great!! Maar as hulle mense 2 weke gelede “retrench” het, sal hulle wil “commit” om ons te sponsor? Deel van die “sponsorship” is dat hulle vir jou ‘n werkskontrak moet aanbied vir 3 jaar. En sal hul bereid wees om dit te doen?

Leon het so bietjie met die agent gepraat wat al sy Mpy se “sponsorship” aansoeke hanteer, en hulle was baie positief dat so iets vinnig kan gebeur. Ons wag nou net vir die finale antwoord van die “grootbaas”.

Ons mag soveel visas op dieselfde tyd laat “hardloop”, so dit beteken ons vul net ‘n nuwe vorm in vir die nuwe visa, en omdat ons alreeds die nodige dokumente ingehandig het, sal die slim immigration agente dit wel op die stelsel opspoor.

Ek kry verskiklik baie inligting op die http://www.saaustralia.org/ forum, en iemand het vir my die volgende inligting gestuur:

Now that the immigration minister is effectively " marketing" ENS visas as preferable to 457's and has shortened processing times to between 2 and 12 weeks ( I know that is such a broad timeline!) you will probably see more of them- that is if sponsoring companies are willing.

Some prefer 457's as you are bound to them and can only work for that sponsor, whereas a 856 grants you p.r. and no requirement to remain with the employer- unless there are other contractual stipulations that bind you.

The sponsoring employer must nominate you and then you apply for the visa.

If you have a company offering to sponsor you for a 856 you are quite lucky!

Ons hou dus styf duime vas en bid dat die Here ons die regte pad sal wys, sodat ons ons PR sal kry, en nie meer hoef te wonder en onseker te wees oor ons toekoms nie.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts