Sunday, 1 February 2009

Die goeie, en die slegte tye!




Emigrasie is nie vir sissies nie, dit se almal, en so nou en dan raak mens so ge’settle” in jou nuwe lewe, dat dit jou skielik weer soos ‘n hamer teen die voorkop tref.



Die resessie is oral, en dit het ook hier in Australie sy takels kom inslaan, en die realiteit daarvan is nie maklik nie. Voor Kersfees het Leon se Mpy, die woord laat versprei dat hulle mense in Sydney en Melbourne gaan "retrench", maar genadiglik niks gese van Brisbane nie. Ons was nie baie gerus nie. Daagliks hoor jy van Mpy'e wat toemaak, of honderde mense "retrench", en dit klop hier aan jou voordeur. As nuutse werknemer, besef mens dat as so iets in jou Mpy gebeur, jy dalk die 1e een uit gaan wees.





Nog slegte nuus is dat die Immigrasie departement van Australie besluit het dat die "State Sponsorships" nou voorkeur geniet, en die 175 Skilled Independent Visa waarvoor ons aansoek gedoen het, nou na heel laaste op die leer geskuif word. Op hierdie stadium werk hulle slegs aan die eersgenoemde, so ons visa aansoek le nou weer heel onder. Ons het 5 maande terug ge"lodge", en ons moes nou al gaan vir ons mediese ondersoek, omdat die CO gewoonlik teen 5 maande aangestel word om na jou aansoek te kyk, en dan vra vir alles wat uitstaande is. Ons enigste dokumente uitstaande is ons volle medies. Ek het ons agent gekontak, en sy het gese ons moet wag, niks moet nou gedoen word nie. Selfs ons agent weet nie hoe die "timelines" nou geraak gaan word nie, so ons 9 - 12 maande wag gaan dalk nou 18 - 24 maande word. Glad nie goed vir die senuwees nie, ook omdat die IELTS en Leon se "Skills Assessment" uitslae net vir 2 jaar geldig is.





So die spanning en stres loop nogal hoog in die Fouche huishouding, en dinge is so onseker. 'n Mens wil stabiliteit he, nie die hele tyd in onsekerheid lewe nie. Miskien as jy 25 of 30 is, is dit nog houbaar, jy het nog 'n hele paar jaar voor jou aftrede. Ek en Leon het albei nou 40 geword in Oz, en ons moet van vooraf spaar vir ons oudag eendag, so ons wil graag weet ons paadjie vorentoe is duidelik afgemerk.





Die laaste 2 weke was taamlik hel. Leon het baie probleme by die werk met 'n groot projek gehad, en 'n week gelede roep hulle hom in, en verduidelik dat 3 mense "retrench" gaan word, maar daar word nie gese wie nie. Maar tussen die lyne kry hy darem die boodskap dis nie hy nie. Dis 'n verskriklike gevoel, en nadat Leon my vertel het wat gebeur het, is ek die hele Dinsdag in trane, want die stres word te veel. Genadiglik is sy pos nog veilig, so ons dank die Here en vra dat Sy wil sal geskied. Ek weet Hy het ons op ons Oz pad gelei en veilig hierheen gebring, deure oopgemaak wat ons nooit geweet het bestaan nie, maar o wee, die mens is maar kleingelowig en twyfel so baie. Maar ek weet diep in my hart dat God ons styf vashou, Hy het ons sover gebring, en ek weet dat Hy ons nie nou sal los nie.





Ons het dus nou 2 weke van erge stres ondervind, en die laaste week was nie maklik nie. Gister in die kerk het die kraantjies weer oorgeloop, en ek kon maar net deur my trane vir die Here dankie se vir al ons seeninge, dat Hy ons liefhet en vir ons sorg. So, hierdie saak los ek in Sy bekwame hande, want ek glo dat Hy weet wat die beste is vir ons.





Emigrasie is nie maklik nie, nes jy dink jy is nou tevrede, rustig, ge"settle" in jou nuwe omstandighede, dan gebeur daar weer dinge wat jou laat besef jy is in 'n vreemde land, jy is die "foreigner" in 'n ander land, en jy moet aanpas, aanvaar en baie hard bou aan jou nuwe lewe. Niks kom vanself nie.





Maar teruggaan ..................... nooit!!




Ons het "Australie day" gevier, braai en vlaggies, die hele ding soos al die ander, ozzies wil ons wees!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts