Leon wou nog altyd 'n 4x4 kursus bywoon, maar in SA het ek met 'n 4x2 Tuscon gery, en dit sou nie werk nie. Nou het hy vir my 'n Toyota RAV 4 gekoop, 'n "soft" 4x4, maar my kar sal die ding kan doen. En natuurlik moet ek saam, dis mos my kar! Nou ek het nog nooit drome gehad van hoe ek oor die duine en berge jaag nie, so ek moes my maar verbeel en deelneem aan die kurus.
Hier is Leon besig om die eerste gat aan te durf, en ek het nie lus gehad om deur 'n gat te ry en 'n hele skare wat vir my kyk en hande klap nie. Ek het dit maar gelos vir die brawes. Maar as daardie wiel so in die lug hang en draai, sonder enige vashouplek onder hom, het ek maar weggestaan dat die "pro's" hom uit die verknorsing red. En dit was 'n diep gat, en voor links was nog 'n gat, so ek het maar net vir Leon handegeklap en na die volgende stuikelblok geloop. "What's next?"




En hier ek ek toe besluit om die bult aan te durf, en met baie spoed en moed is ek daaruit, sonder sukkel of wiele "spin" dat die klippe trek. Ek het 'n paar mans gewys hoe dit nou eintlik gedoen moet word. Nie sleg vir 'n eerste probeerslag nie.




Hier is ons op pad teen 'n groter bult uit, seker so 30 grade, en dit was nogal stresvol, want bo in die middel was 'n klip, so op die regte tyd moes ek links uitdraai, anders was band daarmee heen, maar ek en Leon het dit mooi gemis. "Mission accomplished"!

Nou kan jy sien hoe skuins dit regtig is van bo af. En natuurlik moes ons weer daar af ook. Gee liewer vir my die opdraande!!

Na al die klein goedjies het hulle ons gevat op 'n wilde "camel" ekspedisie, en daar het ek vir Leon die leisels oorhandig en gese ek het nou genoeg gehad van "bundu bashing", nou kan hy maar ry. En het hy gery, bulte op en af en deur die water, tot ons uiteindelikk na 'n suksesvolle dag ons sertifikate gekry het, en kon huis toe gaan. Nou is ons reg vir die "Outback" .... eendag!
Natuurlik het my bande soos 'n bees geruik, en die kar het gelyk asof dit deur 'n woestyn is, so Leon moes kar was en skrop, sodat ek weer soos 'n normale ma kan kinders rondry en inkopies doen. Wie sou kan raai waar ons die naweek rondgejaag het as hul my blink kar voor die winkel sien staan?
1 comment:
Ek het nou eers opgevang met al jou posts. Ek is so jaloers, ek mis my RAV wat ek in NZ gelos het so. Weet nog nie wat ons hier gaan koop nie, maar ek weet wat ek graag wil he... :)
Post a Comment