Friday, 27 February 2009

Misti kom huistoe

Vanaand 6 uur kom Misti huistoe. Sy is 'n Chocolate Burmese, en haar kleur sal nog heelwat donkerder word. Die punte op haar lyf, (ore, neus, stert en pote) word 'n donker chocolate bruin, en die lyfie sal net bietjie donkerder word.

Ons is so opgewonde, mens sou dink ons het nog nooit 'n nuwe katjie gekry nie. Maar ons katte was nog altyd so deel van ons gesin, dat dit vir ons 'n groot gebeurtenis is. Hier is fotos wat die teler, Jason, vir my gestuur het, soos wat sy grootgeword het.




Net nadat haar ogies oopgegaan het.






Op 6 weke geneem









Op 7 weke geneem. Sy sit en "chill" voor die waaier in Brisbane se hitte.







Vrydagoggend geneem, 8 weke en 3 dae oud.







En hier is sy saam met Waldo, klaar deel van die familie.


1 comment:

Mirna said...

Ai Anilo sy is darem pragtig! Ek kan net indink hoe mooi sy gaan wees wanneer sy nou uitgegroei is! Diertjies is soveel plesier! Al wat hulle kan gee is Liefde en nogmaals Liefde!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts