
Het ek julle al vertel dat ons oorspronklik wou Perth toe gaan?
Vandat ek en Leon besluit het om te emigreer, het ons dit in ons koppe gehad om Perth toe te gaan. Daar waar al die Suid-Afrikaners saamkoek, en ‘n nuwe provinsie van Suid-Afrika begin het?
Dit het alles begin by die Australiese Expo wat verlede jaar in Maart in Suid-Afrika aangebied is. Ons het besluit om te gaan, omdat dit 'n goeie begin sou wees vir die proses waarmee ons begin het. Ons het besef dat ons moet inligting inwin, en uitvind watter tipe werk in Oz beskikbaar is.

Die dag het aangebreek, en ons is na Gallagher Estate in Midrand. Wat 'n gesig!!! 1000'e Suid-Afrikaners het in toue gestaan om die saal binne te gaan, en toe ons uiteindelik binne was, kon ons nie beweeg nie, soveel mense was daar.
Toe ons daar instap, en sien hoeveel mense ook daaraan dink om na Australie te gaan, het ek met trane in my oe net gestaan en kyk na wat lyk soos 'n see van mense wat 'n "groot uittog" aanpak. My hart was seer om te dink dat ons almal ons land wil verlaat omdat ons nie vir onsself en ons kinders 'n toekoms in Suid-Afrika sien nie.
Op die ou end was die enigste beroepe waarvoor ge"cater" is, Ingenieurswese, hoofsaaklik in die mynbedryf, en hier en daar was maatskappye wat vir ouditeurs werk kon aanbied. Daar was ook baie banke verteenwoordigers, so baie mense het daar tougestaan, en jy kon selfs 'n rekening oopmaak in Australie. Ons het nie kans gesien om so lank in die toue te staan, met 2 seuns wat die hele tyd wou weet: "nou wanneer gaan ons huistoe?" nie. Ons was baie teleurgesteld, omdat die website genoem het dat daar vir baie meer beroepe voorsiening gemaak sou word.
Om terug te kom tot my storie ....
Leon is 'n Elektriese Ingenieur, maar soos wat dit maar in sy beroep gegaan het, het hy al hoe meer in die IT-veld in beweeg, en vandag is hy 'n IT Konsultant. Hy het vir een van die Mpy'e wat by die Expo was sy CV ingegee, en hulle het dadelik baie belanggestel. Hy het 2 dae later sy 1e onderhoud met hulle op Jan Smuts Lughawe, later Johannesburg International Airport, en nou OR Tambo lughawe gehad. (Die naan het so vinnig verander, ek kan nie onthou by watter een hy was vir die onderhoud nie! :-) )
Die 2de Mei 2008, het hy sy derde telefoniese onderhoud gehad, en hulle het belowe hul sal vir hom 'n antwoord binne die volgende paar dae gee. En toe het ons gedink dit is waar ons op die ou end gaan eindig, in Perth. Maar, helaas het daar geen oproep verder van hulle gekom nie, en op die ou end het Leon aansoek gedoen vir 'n ander pos in Brisbane, en binne 10 dae het hy 3 onderhoude en 'n aanbod in sy hande gehad.
Ons was al gepak en reg om op die vliegtuig te klim, toe die ander Mpy Leon weer kontak om te hoor of hy dalk nog belangstel, hul kan nou verder kyk na 'n geleentheid vir hom. Hy het dit toe dankbaar van die hand gewys.
En dit is hoe ons paadjie toe verander het van Perth na Brisbane. En ek moet se, ek is nie 'n oomblik spyt nie. Brissie is beslis die plek vir ons.
As enige iemand belangstel, hier is die besonderhede vir hierdie jaar se expo. Daar word ook een aangebied in Durban en Johannesburg. Vir ons was dit nie regtig die moeite werd nie, maar as jy net wil gaan kyk hoeveel mense besig is om die land te verlaat, is dit 'n goeie oefening:
The Opportunities Australia Expo
Johannesburg: 14-15 March, 2009
At the expo you’ll find everything you need to make the move to Australia under one roof:
employers
recruitment consultants
registered migration agents
state government representatives
banking & financial specialists
shipping companies
migration information sessions
and more!
The Government of Western Australia will also be doing business and state sponsorship assessments at the expo.
For further information and to purchase tickets visit www.expo-australia.com
No comments:
Post a Comment