Ons het vandag presies ‘n jaar gelede aansoek gedoen vir ons UBC. Dit is nou die "Unabridged Birth Certificate" en jy kry ook die "Unabridged Marriage Certificate". Wat 'n drama om hierdie dokumente te kry. Hoekom?? Omdat jy dit by die Departement van Binnelandse Sake in SA moet kry, dis hoekom!!
Leon het deur 'n vorige Mpy waar hy gewerk het, vir Ismael leer ken. Hy is 'n Indiërman wat al taamlik gevorderd is in jare, en sy werk is om vir mense aansoek te doen vir Paspoorte. Hy kom na jou huis toe, of gaan na jou werk toe, neem jou vingerafdrukke, vul die vorms vir jou in. Hy gaan staan vir jou in die ry by Binnelandse Sake in Marshalltown, Johannesburg, en wanneer hy jou paspoort gekry het na dae se staan in die tou, kom lewer hy dit by jou huis of werk vir jou af. “What a service!!” Spaar jou tyd, nog meer tyd, frustrasie, tandebyt en trane, en kos jou natuurlik geld. Maar waar mens met Binnelandse sake werk, is geld die minste van jou probleme!! Glo my, ons ken nou beide kante van die storie!!
Ismael het so 2 jaar gelede die paspoortdiens aan ons gelewer, en toe ons moes aansoek doen vir ons UBS verlede jaar, toe is Ismael ook bereid om dit te doen. Hy sê dis nie eintlik wat hy doen nie, maar as ons betaal is die saak reg! So vul ek self die vorms in, en Leon gee die vorms en geld vir Ismael, en hy gaan handig dit in by BS. Hy se dit sal 8 weke vat, en ek teken dit aan op my “calendar” van “Outlook”. Na 8 weke begin Leon hom bel en vra nou wanneer kry hy ons sertifikate. Nee, toe het die man 10 000 stories, oor hoe ‘n lang proses dit is om in die tou te staan, en eintlik doen hy net paspoorte, maar hy sal weer more gaan kyk. En so gaan dit aan vir 3 weke. Ek is radeloos, slaap nie, huil, kners op my tande en kry nóg grys hare by. En niks help nie. Na vele oproepe sê Ismael ons moet maar self in die ry gaan staan, hy kan nie al die stress en druk hanteer nie!! Hy het wel Waldo se sertifikaat en ons huweliksertifikaat gekry, maar daar is geen spoor van die res nie.
Ek is op die http://www.saaustralie.org/ forum, (dankie tog daarvoor!!!), en lees alles op oor die dekselse sertifikate. En genadiglik is daar ‘n paar mense wat ‘n vrou in Pretoria se nommer vir my kan gee, want as jy haar bel, doen sy dit sommer dadelik op die rekenaar, en jy gaan dan na die BS kantore, en hul “print” dadelik jou sertifikate.
Vat my 2 weke om haar te probeer in die hande kry, maar niks help nie. Ek hou ure aan op die foon, geen antwoord!! Wat nou??? “Try” weer die forum, en iemand sê dat ek voor 7 moet bel, of net na 6 in die oggend, sy begin baie vroeg werk. En “great” nuus, ek kom deur, sy doen sommer alles op die rekenaar, en sê manlief kan die dokumente gaan haal, dis reg en kan ge”print” word.
Leon bel my baie benoud vanuit die Marshalltown kantore. Myne en syne is vol spelfoute, vanne, datums en alles is verkeerd, en Alrich is nie my kind nie!! Waaaat??? Nee, hy het ‘n ander ma!! G’n wonder ons sêaltyd ons weet nie waar kom hy vandaan nie!!! Dit beteken net een ding, ek moet weer daardie tannie in Pretoria bel, maar dis 10 uur die oggend, die foon gaan net lui!!! Ek sê ‘n vinnige gebedjie, en daar antwoord die tannie, vol ekskuuse oor die foute, en Alrich se verkeerde ma, sy trek die lêers en maak dit gou reg vir ons.
Arme Leon, hy moet weer terug kantore toe. Daar gekom, staan hy in die ry en wag vir die sertifikate om weer geprint te word, en terywl hy weer gaan betaal vir die oor uitdruk, verdwyn al die mense agter die toonbanke. Wat de???? Hy loop terug na die toonbank waar dit ge”print” is, en daar lê my sertifikaat, sommer op die toonbank, reg vir enige iemand wat dit wil vat. Skielik is die hele kantoor verlate..........
Daarna moet hy in ‘n ander kantoor ingaan waar ander “dame” moet teken, en sy druk deur in sy gesig toe en wil sluit, maar Leon druk haar uit die pad en sê: “sign”! Liewe magtag, moet mens so sukkel om iets gedoen te kry?? Hy kry toe net my sertifikaat, en moet die volgende dag weer terug vir die res. Hoeveel keer moet hy nog al dié drama deurgaan???
Hier is die “timelines”
03/03/2008 "Apply for Unabridged birth and Marriage Certificates"
27/05/2008 Kry Waldo se Unabridged geboortesertifikaat –huweliksertifikaat
11/06/2008 My en Leon se geboortesertifikate gekry – vol foute!!!
12/06/2008 My Unabridged sertifikaat gekry (kantoor sluit)
18/06/2008 Kry Leon en Alrich se sertifikate - Unabridged Sertifikate afgehandel!!!
So aan almal wat nog hierdie sertifikate moet kry, bel sommer dadelik die dame by Binnelandse Sake in Pretoria, en kry jou sertifikate VINNIG!!!
En as jy dink dis net ons wat drama gehad het, gaan lees die ander mense op die forum se nagmerrie verhale oor hul “Unabridged” dokumente!!
En dis net weer hier waar ons die “incompetence” van die dienslewering in Suid-Afrika ervaar het. En dit het ons nog meer motiveer om die land te verlaat.
Maar ek moet jul nog vertel van ons PCC (“Police Clearance Sertificate”) Maar dit los ek tot ‘n ander dag as almal weer kan asemhaal na my lang beskrywing van die UBS.
No comments:
Post a Comment