CO te kry, omdat hulle nou heel eerste kyk na "State Sponsorships" en "Employer sponsored" visas.
Daarna is dit die CSL visas (beroepe op die "critical skills list") en dan die MODL "list". En laaste op die lys is die 175 visas. Dit was vir ons 'n hengse teleurstelling, want ons sou hierdie jaar Julie al ons PR visa kon kry, was dit nie vir die nuwe "timelines" wat na vore gekom het omdat daar nou so 'n groot resessie in Australie is nie.
Ons het belsuit om nou maar 'n ander plan te maak, so ons het Leon se werkgewer genader om ons te "sponsor", en dit word die 856 ENS visa genoem. Hul het uiteindelik besluit dat Leon waardevol is vir hul Maatskappy, en dus besluit om die stap te neem. Die "catch" is dat ons dit self moet betaal.
Ons het alreeds sowat R40 000 in Suid-Afrika betaal vir die agente wat ons PR aansoek gedoen het, tesame met Leon se "skills assesment", en nou gaan dit ons weer so $5k kos vir die 856 ENS visa. Baie, baie geld wat dit ons kos om 'n nuwe lewe te kan he.
Behalwe dat emigrasie nie vir sissies is nie, is dit ook 'n groot gat uit jou finansiele stand van sake. Ons kon wel ons PR gedoen het sonder 'n agent, maar omdat Leon as Ingenieur gekwalifiseer is, maar nou as IT ou werk, moes hy sy skills laat "assess" deur die "Australian Computer Society". Ons "case" was dus bietjie ingewikkeld, en het die regte leiding nodig gehad van 'n agent. Daarom het ons soveel geld betaal!!! "Scary besigheid!"
Ons het gisteraand gesit en al die dokumente wat ons afgetiek het op die 175 visa “checklist”, reggekry om vir ons nuwe immigrasie agent te stuur. Hulle het vandag 8 e-posse van Leon gekry, met al ons dokumentasie. Nou begin hulle werk om te kyk watter dokumente ons “submit” het, en of ons nog enige addisionele inligting vir hulle moet stuur vir ons nuwe visa aansoek.
Uiteindelik begin dinge nou weer gebeur. Ons hou duim vas dat ons vinnig van die agent sal hoor, sodat ons kan voorgaan om ons 856 ENS dokumente reg te kry vir "lodgement".
Sommer net 'n foto van die "Glass House Mountains", om ons elke keer te herinner aan die ongelooflike natuur wat ons hier in Australie "explore".
No comments:
Post a Comment