Sunday, 15 March 2009

Sharks vs Reds

Saterdag was 'n groot dag vir 4 Suid-Afrikaanse families. Ons het besluit ons gaan die wedstryd tussen die Sharks en Reds kyk, en na al die massas mense wat daar gaan wees. En natuurlik wil ons gaan kyk hoeveel ander Suid-Afrikaners ons kan raaksien!

Hier is ons 4 gesinne, met die 8 seuns tussen ons, almal in die voorste ry. Toevallig het ons elkeen 2 seuns, so dit was 'n taamlike spannetjie wat ons saamgesleep het.


Nog 'n ietwat lee stadion, maar "beautiful" en so skoon en netjies.

Ons het die middag die trein gevang op Petrie stasie, en vandaar gery tot op Milton stasie. Vandaar was dit so 5 minute se loop stadion toe, en ons kon bietjie oefening kry, en die spul seuns van al hul energie laat ontslae raak.

Natuurlik kon ons nie die spul "Sharks" ondersteuners mis nie. Vlae, groen hare, geverfde gesigte, sharks hemde met Mr Price agterop borduur. Springbok truie!! En ek kry so warm gevoel in my binneste om te dink dis my mense.

Ongelukkig, soos dit maar altyd gaan, het van hierdie mense meer in die bier as in die wedstryd belang gestel, en teen die tyd wat die wedstryd begin het, was van hierdie ondersteuners se stemme stil, die arms lam van te veel bier, en kon nie eers opspring as ons die "Mexican wave" gedoen het nie. Hul blus was vinnig uit en hul "party" was verby voor die wedstryd nog begin het!! Alrich het na so rukkie opgehou om te tel hoeveel keer die groep voor ons geloop het om nog bier te gaan koop, en naderhand vir my gese dat hy nou sommer skaam voel om te dink dis ook Suid-Afrikaners wat hul so oorhoeks drink. En naam weggooi, soos ons altyd op "varsity" gese het. Uit die mond van die suigeling ....................................!!!

Maar gelukkig het die meeste ander hul span ondersteun, en die opgewondenheid om op te spring toe die Sharks na 'n lange marteling uiteindlik 'n drie druk, was onbeskryflik. En om te sien duisende ander om en langs jou spring ook op en juig saam met jou. "What a feeling!!"

Helaas was die arme Sharks aan die verloorkant, maar dit was 'n heerlike dag. Ons het na die wedstryd net kinders se hande gegryp, en gestorm vir die trein. Glo my, om tussen 20 000 mense met 8 kinders deur te bewees, sit nie in enige man (en vrou) se broek nie. Jy klou aan 'n 10 jarige se hand, en hy wil nie klou nie!!!

Vir 'n uur na elke groot sportgeleentheid is daar 8 ipv 6 trokke aan elke trein, en ons het die 2de laaste trok gevang van 'n wagtende trein, natuurlik vol Suid-Afrikaners. Dit was "amazing" om die kinders se gelukkige gesiggies te sien, en Sondag het hul steeds dankie gese vir 'n heerlike uitstappie.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts