Sunday, 22 March 2009

6 Maande in Australie

Dis ongelooflik om te dink dat ons vandag al 6 maande in Australie is. In 6 maand het daar soveel gebeur, mens kan nie dink dat jy soveel in 'n kort tydjie vermag het nie. Ons moes ons lewe oor begin, en nou, na 6 maande voel dit al asof ons jare in Australie is. Partykeer moet ek myself knyp om te besef ek ry nie op Suid-Afrika se bekende paaie nie, maar ver, vreemde paaie wat nou al bekend geword het, en wanneer 'n kangaroe oor die pad spring, besef ek deeglik dat ek regtig in Australie is.

Ons het al ons nuwe vriende genooi om saam met ons te gaan piekniek hou na kerk vanoggend, en wat 'n lieflike dag was dit nie gewees nie. 4 Gesinne met ons 6 seunskinders, en 1 kleine meisiekind het die dag saam met ons geniet. In 'n vreemde land het ons die hele dag Afrikaans gesels, en dis 'n dag wat ons altyd sal onthou.

Ons was by die "North Pine Dam" gewees, wat ook "Lake Samsonvale" genoem word. Die berge om die agtergrond was ongelooflik, die helder blou wolke het 'n pragtige agtergrond geskep vir 'n heerlike, ontspanne dag saam met wonderlike nuwe vriende. Dit is wat Wikipedia van die dam opgeteken het:

North Pine Dam’s preliminary function is to provide a safe water supply for Brisbane, Pine Rivers, Redcliffe and parts of Caboolture. The dam has a 348 square kilometre catchment area with an average annual rainfall of 1175mm. The dam stores 215,000 megalitres of water, which will ensure a continuous supply of 150 megalitres of water per day during the worst drought on record.The normal water supply holding level is 39.63 metres above sea level. At this height a 2181-hectare lake is formed. Water is drawn from the dam through an outlet tower built on the face of the dam. Outlets, guarded by screens and valves, are provided at several depths so that the best quality can be taken from the reservoir and supplied to the treatment plant.







Hier kan jy sien hoe leeg die dam is. Die probleem in Queensland is nie dat dit te min reen nie, nee die probleem is dat die damme op die verkeerde plek gebou is, en die meeste reenwater loop ongebruik see toe. Die regering is tans besig met nuwe projekte om hierdie probleem op te los. Kyk hier om 'n idee te kry van Brisbane se reenval.


Heerlik ontspanne onder die koeltebome





Die kinders het hulle eie groepie onder ander bome gemaak. Hulle wil so graag "groot" wees.




Moeg na hul krieketwedstryd saam met die manne



Kos, dis mos al waaraan seuntjies kan dink!

Ons eerste 6 maande was beslis nie sonder stampe en stote nie, maar na so 'n dag besef mens weer hoe bevoorreg jy is om in hierdie wonderlike land nog vry te kan lewe. Op pad huistoe was die seuns se eerste woorde: "Dankie mamma en pappa, dit was nou lekker gewees!"
Wat meer kan mens vra???

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts