Vandag het Leon uiteindelik ‘n “Engagement letter for ENS” vanaf die immigrasie agent gekry. Leon vra al vir 2 weke vir hulle om spoed te kry, vlerke aan die voete en net om hul basse te roer.
Helaas, “silence is golden” en ons moes maar net geduldig wag. Uiteindelik het Leon vandag ‘n e-mail gekry waarin hul uiteindelik hul kostes aan ons deurgee. Ek is seker Leon het binne ‘n halfuur die brief waarin hy hul aanstel as ons agent, alreeds aan hulle teruggestuur en die eerste betaling in hul rekening inbetaal.
Dis een ding van Australie waaraan ons haastige Suid-Afrikaners moet gewoond raak. Hier in Oz is more net nog ‘n dag, en as dinge nie vandag gebeur nie, is daar more, en dan ook nog die volgende paar weke waarin dinge gedoen kan word. Hierdie “laid back” leefwyse van die Ozzies is nie altyd vir ons maklik nie, want ons is “go-gettters” wat dinge so gou as moontlik doen, en gedoen wil he.
Maar ons kla nie, uiteindelik gebeur dinge, so ons kan nou daadwerklik begin met ons 856 ENS visa aansoek.
Iets heeltemal anders, wat nou met my te doen het, is die Queensland College of Teachers registrasie. Ek het al einde November my vorms aan hul deurgestuur, en uiteindelik het hul my “skills” nou “assess” en se dat ek kan skoolhou in Queensland, mits ek kan bewys dat ek Engels magtig is. Ek het alreeds die IELTS “General” eksamen gedoen, want dit was nodig vir die 175 visa wat ons ge”lodge” het in Augustus 2008. Gelukkig is hulle bereid om my “listening” en “speaking” punte te aanvaar, omdat dit dieselfde is as wat vir die “Academic” IELTS gedoen word. Ek hoef nou net die “reading” en “writing” gedeeltes te doen, en dit kan ek doen deur die ISLPR eksamen. (dit staan vir “Independent Second Language Proficiency Rating) Ek moes betaal om die 2 afdelings te doen, en ek het vanoggend gou die aansoekvorm aan hulle gepos, plus natuurlik $165 vir die eksamen.
Wat ‘n spul geld om te betaal, net om weer te kan se ek is Engels magtig, en ek kan Engels praat. Ten spyte van die feit dat ons boertjies al van gr. 1 af Engels leer lees, skryf en praat, en nie matriek slaag sonder dat ons Engels slaag nie. En dan het ek nog Engels op universiteit ook gehad! Maar nou ja, betaal is wat ons moet doen om ons lewe oor te begin, so ons moet maar ogies toeknyp en dit doen. Nou net geduldig wag om te hoor wanneer ek die eksamen kan doen. Ek gee net vir hulle ‘n datum wat my pas, en hulle kyk of hulle rondom dit ‘n datum kan “organise”.
1 comment:
ek hou styf duime vas dat alles goed afloop! sjoe ek het skoon begin bewe toe ek jou nuus lees! the ball is rolling! ;)
Post a Comment