Wednesday, 1 April 2009

Ons dag in Dayboro

Ons het besluit om Saterdag bietjie die berge te gaan verken, en sommer net rond te ry. Ons het Dayboro toe gery, en daar by ‘n klein restaurantjie die lekkerste middagete gehad, en die lekkerste chips. Die “waiter” was ook sommer die kok, en ek was regtig beïndruk. Hy ken van!!

Ons het die Mt Mee “Tourist Drive” gevat, en sommer baie hoog die berge in gery. Ek en Leon het besluit dat as ons die dag aftree, gaan ons vir ons ‘n huisie in so ‘n dorpie soos Dayboro koop, en net rustig lewe. Saterdagoggend kan ons gaan inkopies doen in die dorpie se pophuis grootte winkels, en vir die res van die week kan ons in die berge rondry. Salig!!


Hier is die ABC dagsorgsentrum in Dayboro. Maak nie saak waar jy gaan nie, daar is altyd een van hulle, hoe diep ookal in die gramadoelas jy gaan. In Brisbane is daar die bekende "Sesame Lane" en dan die "ABC Centre" waarvan 'n paar hul deure moes sluit verlede jaar vanwee wanbestuur. Dis albei 'n franchise, en daar is 'n hele paar van hulle in North Lakes.

Ons het ook ‘n wynplaas besoek, en toe ons by die hek indraai, toe ruik ons die soet druiwe. Ongelukkig was die kelder nie oop nie, so ons kon nie gaan wyn proe nie. Dit is die mooiste plek, met die mooiste damme vol water, en ‘n klomp perde en onder die bome gewy, terwyl die eienaars heerlik middagete in die restaurant geeet het. Was sommer lus en klim op een en ry rond. Dit moet ‘n ongelooflike rustige lewe wees wat die mense lei in hierdie berge.


.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts