Monday, 6 April 2009

Papierwerk en sertifisering van dokumente

Verlede week het ons uiteindelik begin met die proses om aansoek te doen vir ons 856 ENS visa. Ek het ‘n lang lys van dokumente gekry wat die “Immigration Lawyer” nou van ons wil hê. Genadiglik is ons alreeds hierdeur met ons 175 “Skilled Migration” visa aansoek, en ons het al die dokumente. Net bietjie rond gesoek in al ons lêers, en het uiteindelik al die dokumente gehad. Al wat ek nou moes gaan doen, was om dit te laat sertifiseer as ‘n “true copy”.

In Suid-Afrika mag jy nie meer by die Polisie jou dokumente laat waarmerk nie, want Australië aanvaar nie dokumente deur die korrupte SAP nie!! En dit word nogal duidelik in dokumente genoem. Ons het gelukkig ‘n vriend gehad wat ‘n makelaar is, en ons het ons dokumente deur hom laat waarmerk. Dit het nogal ‘n rukkie gevat, want die pakke dokumente wat ons moes laat waarmerk, was maklik so 50 folios op ‘n slag. Ons het vir hom ‘n groot pak biltong gegee vir al sy moeite.

In Australie bied hulle ‘n “volunteer service” aan by die “mall”. Dis meestal ou omies en tannies wat al afgetree het, wat die Kommisaris van Ede-kursus doen, en dan vir ‘n paar uur op ‘n dag by die “mall” in hulle “cubicle” gaan sit, en enige iemand wat dokumente bring, se papiere waarmerk. En is hulle besig!!! Ek het al ‘n uur so in die ry gestaan en wag. Ek het belsuit vanoggend gaan ek nie vroeg nie, ek gaan wag tot 12 uur, as die massas weg is huis toe om te gaan middagete eet. En ek was gelukkig! Toe ek daar kom was daar ‘n dame voor my, wat binne ‘n minuut klaar was, en toe kon ek my sit kry en begin papiere aftel. Die volgende dokumente moes ek laat waarmerk (2 stelle van elk):

1. Unabridged Geboortesertifikate (4 bladsye)
2. Unabridged Huweliksertifikaat (1 )
3. Paspoort “bio-pages” (waar die foto is) (4)
4. Paspoort bladsy waar ons 457 visa ingeplak is (4)
5. Paspoort bladsy waar die stempel is dat ons Australië binnegekom het (4 )
6. Leon se “work references” vir die laaste 3 jaar (2 )
7. My en Leon se ou paspoorte wat hierdie jaar verval (Die eerste keer wat dit gevra word) (2)
8. 2 Paspoortfotos van elke persoon

Alles saam was 42 bladsye wat die arme vriendelike tannie vandag moes sertifiseer. Maar sy het nie gekla nie, net gese sy geniet dit om dit te doen, dit hou haar besig. En natuurlik ook vir my vertel hoe baie Suid-Afrikaners laat hul dokumente sertifiseer.

Die agent soek ook nog die volgende:

1. Police Clearance Certificate
2. IELTS uitslae
3. Leons se werkskontrak

Hierdie moet die oorspronklike dokumente wees, maar omdat ons alreeds ‘n 175 ge”lodge” het, moes ons alreeds die bg ingee. DIAC sal dit opspoor in die sisteem. Ons aansoek was ‘n e-visa, wat beteken alles word aanlyn gedoen. Ons TRN nommer moet ook op die aansoekvorms ingevul word, so hul sal ons ander dokumente kan opspoor met ons TRN nommer.

Leon het alreeds die nodige dokumente vir sy Vetassess “skills assessment” wat gedoen moet word na die agent ge-kourier, en nou wag ons geduldig om te hoor wat is volgende op die lys.

Geduld is die wagwoord! Rome is nie in een dag gebou nie, en om ‘n visa te kry, vat aan jou geduld en kan maande neem. Maar ten minste is ons nou aan die gang!! As die agent net hul agterent sal roer!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts