Thursday, 9 April 2009

Ouma word 70!!

Vandag is my ma se 70ste verjaarsdag.
Ek het besluit om haar 06:00, Suid-Afrika tyd te bel, voordat sy saam met haar vriendinne gaan ontbyt eet en kuier, so ek moes die horlosie dophou, en het presies 14:00 die middag haar gebel.
Ek het geweet dit gaan vir ons altwee baie swaar wees om met so ‘n groot gebeurtenis, nie mekaar te kan sien nie. Ek het so ewe vrolik begin met: “Kon ma darem nog vanoggend vinnig uit die bed spring toe die telefoon lui”, en die volgende oomblik toe bars ek uit in trane en se vir haar dat ek so graag by haar sou wou wees.
Sy het net so lekker saamgehuil, en gese dat sy mos verstaan dat ons nie bymekaar kan wees nie, en dat sy die oggend weer gedurende haar stiltetyd vir die Here dankie gese het dat hy al vir 70 jaar die pad saam met haar geloop het, en altyd daar was in die moeilike en goeie tye, en dankie ook dat sy kan weet dat Hy ook vandag by haar is met die wete dat haar kinders en enigste kleinkinders so ver van haar af is.
Hier is die laaste foto wat ons van haar en die seuns geneem het verlede jaar September, met Waldo se 10de verjaarsdag, net 11 dae voor ons na Australie vertrek het.

En dit is beslis die swaarste deel van emigrasie!!! Om so ver van jou familie en geliefdes af te wees. Dis met verjaarsdae, Kersfees en spesiale dae dat dit mens soos 'n voorhamer teen die kop tref en jy besef dat jy nie daar is om hulle net 'n drukkie te gee nie. Jy moet tevrede wees met Skype, gesprekke oor die telefoon en e-pos en kaartjies in die pos.




No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts