Donderdag het ons agent al ons visa aansoek vorms vir ons gestuur. Hulle het gedeeltelik die vorms ingevul, maar ons moes dit alles weer "check" en seker maak al die inligting is korrek. En dan moet ons dit teken, en vir hul stuur na hul hoofkantoor in Sydney.
Die volgende vorms moes ingevul word vir ons ENS 856 visa aansoek:
Form 80 (Personal particulars) - 1 vir my en 1 vir Leon met ons hele "pedigree"
Form 956 (Appointment of migration agent) - toestemming dat ons agent vir ons optree
Form 47ES (Application for employer sponsored migration to Australia)
Vrydagoggend het Leon begin om van die vorms deur te gaan en foute reg te stel, en gistermiddag het ek dit weer deurgegaan en hier en daar 'n laaste stukkie inligting ingevul. Vanaand het ek en Leon die vorms onderteken, en more kan dit gekourier word na ons agent. Wat 'n werk!! En omdat ons alreeds 'n PR visa aansoek ingehandig het, en alreeds al hierdie vorms moes invul, was dit nou regtig nie grappies om dit vir 'n 2de keer te doen nie. Baie inligting word gevra, en genadiglik is dit nou voltooi en geteken.
Hopelik doen die agent nou hul werk en word ons aansoek hierdie week ge"lodge". Natuurlik was ons ekstaties om te hoor dat Leon se "skills assessment" positief is. Maar groot was die magteloosheid toe ons die brief kry en sien dat die agent 2 weke gelede al die brief ontvang het, en ons eers daarvan in kennis gestel het toe ons begin bel en vrae vra. Ons betaal hul soveel geld om ons aansoek te hanteer, en dan is dit die swak diens wat mens van hulle ontvang. Glo my, "happy chappies" was ons nie!!!! Ons visa aansoek kon alreeds 'n week gelede ge"lodge" gewees het. Besef die mense nie hoe belangrik hierdie PR visa vir ons is nie???
Hou duim vas dat ons aansoek ge"lodge" word die week, en dat ons groot wag weer begin. Ai, geduld o geduld, hou ons kalm en rustig!!!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
4 comments:
Maggies maar jou blog lyk skattig! (dit kan mens net in Afrikaans sê!!!) Ek is eenvoudig mal daaroor! Anilo my skat ons bly net positief want binnekort het ons albei PR! ;0)
Goeie aarde! dit klink wragies na 'n ding. moet mens agente gebruik? en vandat dit gelodge word hoe lank voordat julle hoor?
Wel sterkte met die wag en ja ons hou duim vas saam julle!
Ek hou van jou blog se nuwe kleur en 'uitrusting' baie mooi!
lekker week
Dankie Mirna. Ek glo soos jy, ons PR is op pad!!
sandvlooi'e
Nee, jy kan alles self doen, maar Leon het van beroep verander, het Ingenieruswese geswot en werk nou in IT, so hy moes 'n hele nuwe "skills assessment" doen om te bewys hy kan die werk doen waarvoor hy net ondervinding het. Was 'n nagmerrie om dit alles te doen. Daarom het ons 'n agent nodig gehad om ons te help.
As dit ge"lodge" is, dan wag ons tot ons agent nuus kry dat ons 'n CO gekry het. Dit vat enige iets van 2 dae tot 5 maande. Ons hoop ons s'n is onder die wat vinnig gedoen word. Nou net die gewag!!
Post a Comment