As daar nou 1 ding is waaroor Leon mal is, is dit karre. Hy is 'n slaafse navolger van Grand Prix, en Michael Schumacher was sy en Waldo se groot "hero".
Leon het by die werk 'n "gift voucher" gewen, en omdat al die aktiwiteite so verskrilik duur is, het ek gese Leon moet maar iets op sy eie gaan doen, want hy het hard gewerk en die prys deur en deur verdien. Een van die dinge wat hy kon gaan doen was 'n om 'n V8 te gaan ry. Vir 'n volle 8 "laps" kon hy sy hero se spoed gaan namaak.
En natuurlik is een van die dinge wat ons altyd sal bybly sy "smile". Vir 2 ure lank, sonder ophou. Kyk net die fotos van daardie smile!


Net nog 'n dag in Australie!!
1 comment:
En hoe se hulle.... boy's will be boy's! :-) met 'n groot smile!
Post a Comment